San Lameer Villa 14108
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 14108 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla in San Lameer Estate. Dit is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en hierdie subtropiese paradys spog met wild, fauna, flora en voëls. Dit bied iets aan die hele gesin. Dié natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villa's en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Dié smaakvol ontwerpte villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die oorblywende slaapkamers het óf 'n dubbelbed óf 2 enkelbeddens en die gaste van hierdie kamers maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het lugversorging en beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 5 gaste. Die sitarea het ook 'n gemaklike rusbank en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n omsetter vir die ligte en kragproppe.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep wat met 'n asemrowende uitsig oor die lowerryke omgewing spog. Hierdie stoep het 'n gemaklike buite-sitkamerstel, ingeboude braai en 'n etenstafel vir 'n buitelug-eetervaring. Gaste kan ook die privaat plonspoel geniet. Toegang tot gratis, veilige parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontpan of hulself met die pragtige uitsigte bederf. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke omgewings, tuine vir pieknieks, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 79
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 14108 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang