San Lameer Villa 14117
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 920 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 14117 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla in San Lameer Estate. Geleë aan die Suidkus van KwaZulu-Natal Natal, hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan; 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg; luukse villa's en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Dié villa het slaapplek vir 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers met 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Albei hierdie kamers het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Nog 2 enkelbeddens is beskikbaar in die derde slaapkamer wat gebruik maak van die derde badkamer wat 'n stort-oor-bad het. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar. Daar is 'n klein omskakelaar vir die TV en DStv.
Die leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die uitsigte oor die lowerryke omgewing bewonder. Boonop het hierdie villa 'n houtdek en 'n uitnodigende plonspoel. Toegang tot veilige parkeerplek is beskikbaar.
Ontspan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens of bederf jouself met pragtige uitsigte. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke omgewings, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Swem
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 76
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofstraat, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang