San Lameer Villa 14117
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 920 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 14117 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer Estate. Dié subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewarea van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en 'n kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei slaapkamers het en suite-badkamers met baddens en storte. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en dié gaste gebruik die derde aparte badkamer wat 'n stort-oor-bad het. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea met lugversorging het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is en 'n toonbank met stoele het. 'n Skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. WiFi is beskikbaar. Daar is 'n klein omsetter wat krag aan die TV en DStv voorsien.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, ingeboude braai en 'n uitsig oor die lowerryke omgewing. Daar is ook 'n houtdek, plonspoel en veilige parkeerplek.
Ontspan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens of braaigeriewe en bewonder die pragtige uitsig. San Lameer bied ook lowerryke tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam, voëlkykdam en staproetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Swem
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 76
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofstraat, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofstraat, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang