San Lameer Villa 14208
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R8 775 per nag (plek vir 8)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
San Lameer Villa 14208 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op San Lameer Estate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, het iets vir elke lid van die gesin. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Dié villa met lugversorging het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die laaste 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, ysmasjien, eetgerei, breekware en 'n koffiemasjien toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n sitarea en 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om hul maaltye saam te geniet. Onder is 'n TV-kamer met gemaklike sitplek, sowel as 'n tweede eetarea. Vir gaste se vermaak is daar gratis WiFi en DStv beskikbaar, asook 'n pooltafel en 'n tafeltennistafel.
Hierdie leefarea lei na 'n groot stoep met 'n buite-etenstafel, sonstoele en 'n ingeboude braai. Dit is die perfekte plek vir 'n skemerkelkie saans. Hierdie verblyf het ook 'n uitnodigende swembad en buitestort vir gaste se gerief. Daar is ook ander, gemeenskaplike swembaddens op die landgoed en pragtige uitsigte. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke areas, tuine vir pieknieks, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 80
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang