San Lameer Villa 14323
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 14323 is ’n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer Estate. Hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal Natal geleë en bied iets om die hele gesin te vermaak. Die natuurbewarea van 200 ha spog met ’n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, ’n hotel met ’n spa, restaurant en ’n kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die smaakvol ontwerpte villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor ’n starea, ’n eetarea en ’n kombuis. Die kombuis is met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het ’n etenstafel vir 8 gaste en die sitarea het gemaklike rusbanke, ’n koffietafel en ’n TV met DStv.
Die leefarea lei na ’n onderdakstoep met ’n uitsig oor die lowerryke omgewing. Daar is ook ’n privaat swembad, ’n ingeboude braai, ’n gasbraai en ’n etenstafel. Gratis, veilige parkeerplek is beskikbaar.
Ontspan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens en bewonder die pragtige uitsig. San Lameer bied ook ’n lowerryke omgewing, tuine vir piekniek, ’n speelarea vir kinders, fietse te huur, ’n visdam, ’n voëlkykdam, gemeenskaplike braai-areas en staproetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet met bidet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gimnasium
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 76
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang