Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 2017

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 515 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

San Lameer Villa 2017 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer Estate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls bied iets vir elke lid van die gesin. Die 200 hektaar-natuurbewaringsgebied spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.

Die villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel en ingeboude braaigeriewe. Dit is die perfekte plek vir 'n skemerkelkie aangesien dit 'n mooi uitsig oor die lowerryke omgewing het. Weber-braaigeriewe is ook beskikbaar. Die stoep bied direkte toegang tot die groen tuin. Veilieg parkeerplek is beskikbaar.

Gaste kan in die gemeenskaplike swembaddens van die landgoed afkoel en net die pragtige uitsig geniet. San Lameer het ook uitgebreide, lowerryke areas, tuine vir piekniek hou, 'n kinderspeelarea, fietse te huur, 'n visvangdam en 'n voëlkykdam. Daar is gemeenskaplike braai-areas en voetslaanroetes in die omgewing.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort-oor-bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 70

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 515
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 515
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbcf99dddaddeb80e33e9aa411638d349e35c3fc139c869266567b278d21163326599a9ea5eb5879aefc7d596d800d9b41d5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 515 per nag (plek vir 6) Main Road San Lameer Estate 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.94350641066 30.290384519643

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang