Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 2017

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 515 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

San Lameer Villa 2017 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla in San Lameer Estate. Geleë aan die Suidkus van KwaZulu-Natal Natal, hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan; 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg; luukse villa's en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.

Dié villa het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is beskikbaar in die tweede badkamer. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.

Hierdie leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n ingeboude braai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie terwyl jy die uitsigte oor die lowerryke omgewing bewonder. 'n Weber-braai is ook beskikbaar. Dié patio het ook direkte toegang tot 'n lowergroen tuin. Toegang tot veilige parkeerplek is beskikbaar.

Ontspan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens of bederf jouself met pragtige uitsigte. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke omgewings, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 76

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 515
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 515
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbcf99dddaddeb80e33e9aa411638d349e35c3fc139c869266567b278d21163326599a9ea5eb5879aefc7d596d800d9b41d5c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 515 per nag (plek vir 6) Main Road San Lameer Estate 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.94350641066 30.290384519643

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang