San Lameer Villa 2023
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 375 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 2023 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla in die San Lameer Landgoed. Hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, geleë aan die Suidkus van die KwaZulu-Natal het iets om die hele gesin te bied. Die 200 hektaar bewarea spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en 'n kroeg, luukse villas en bied direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Dié smaakvol ontwerpte villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die laaste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste gebruik 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 7. Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n koffietafel en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep en spog met 'n uitsig oor die dam en lowerryke omgewing. Dié stoep het 'n ingeboude braai en 'n etenstafel wat geskik is vir al fresco-etes. Gratis veilige parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontspan. Daar is ook uitgestrekte lowerryke omgewings, tuine vir pieknieks, 'n kinderspeelarea, fietse wat gehuur kan word, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gemeenskaplike braai-areas en voetslaanroetes is ook vir beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 78
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang