San Lameer Villa 2110
Kry 20% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 16 Jan 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lower South Coast-weg, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 900R1 520 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
San Lameer Villa 2110 is 'n lieflike selfsorg-villa wat op die veilige en gewilde San Lameer-landgoed geleë is. Hierdie villa is gerieflik geleë en stapafstand na verskeie ontspannings- en sportgeriewe. Die landgoed het goeie sekuriteit en bied strand-toegang, swembaddens, tennis- en muurbalbane, gholf, 'n speelarea vir kinders en voëlkyk.
Hierdie luukse selfsorg-eenheid het 2 slaapkamers en dis op die grondvloer geleë. Dit bied gemaklike slaapplek vir 4 mense. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die villa het lugversorging en 'n oopplan-leefarea met 'n sitarea waar daar 'n platskerm-TV met 'n TV-boksie. Die sitarea kyk uit oor die ruim, beskutte patio wat uitkyk oor die landgoed se tuine. Daar is ook 'n stroompie wat naby die huis verbygaan en bydra tot die villa se rustige atmosfeer. Die patio het 'n ingeboude braai, 'n Weber en buitemeubels. Daar is ook onbeperkte WiFi.
Die villa word daagliks skoongemaak behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete
- Middagete
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Vermaak
- Tv
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 99
Resensies 433
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Lower South Coast-weg, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 2110 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lower South Coast-weg, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang