Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 2205

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa 2205, San Lameer-straat, San Lameer Landgoed, 0054, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

San Lameer Villa 2205 is 'n stylvolle vierslaapkamer-gesinsvakansiehuis op die pragtige San Lameer-landgoed aan die KwaZulu-Natalse Suidkus. Hiér leef 'n mens naby die natuur met 'n pragtige see-uitsig en tog is jy naby topklas-ontspanningsgeriewe in 'n baie veilige omgewing.

Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers op 2 verdiepings. Die oopplan-sitarea en -eetarea, kombuis en en suite-hoofslaapkamer is op die grondverdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad en 'n stort. Die leefarea lei na 'n stoep met 'n eetarea en 'n uitsig oor die tuin en die see.

Op die boonste verdieping is daar 'n ruim TV-kamer met 'n platskerm-TV en DStv wat na 'n stoep lei waar gaste die sonsopkoms kan bewonder. Daar is ook 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk en 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet op hierdie verdieping. Die onderste stoep bied toegang tot die aparte en suite-gastekamer. Dié slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n bad en 'n stort, 'n pragtige see-uitsig. Dit is ideaal vir ouma en oupa, tieners of vriende.

Voor die huis is daar 'n groot grasperk waar gaste krieket, rugby of sokker kan speel. Die huis is net 'n entjie se stap vanaf al die San Lameer-besienswaardighede, soos die Blouvlagstrand, 'n hotel met 'n restauarant en swembaddens, die Mashie-gholfbaan, tennis- en muurbalbane, rolbalbaan, Spar Superette en 'n biblioteek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.8
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Tertius Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Villa 2205, San Lameer-straat, San Lameer Landgoed, 0054, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink San Lameer Villa 2205 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Villa 2205, San Lameer-straat, San Lameer Landgoed, 0054, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65052d9e7ebd98809f874138664f6f6adf7011ec04cb71c19da49eb837e9a82a1b09eec36153deef1135897e19754837a8c7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 15 5 1 5 Villa 2205 San Lameer Street 0054 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.943260835738 30.295733577098

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang