San Lameer Villa 2301
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer-landgoed, R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
San Lameer Villa 2301 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer-landgoed. Hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewarea van 200 ha spog met 'n 18-putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en 'n kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die smaakvol ontwerpte villa bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Albei slaapkamers het koningingrootte-beddens en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea met lugversorging beskik oor 'n sitarea, 'n eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel vir 6 gaste en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafel, bordspeletjies en 'n TV met DStv. Daar is ook ekstra werkplek in die villa. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n uitsig oor die see en die lowerryke omgewing. Die stoep het
'n gemaklike sitkamerstel, 'n losstaande Weber-braai en 'n etenstafel wat ideaal vir al fresco-etes is. Die stoep lei na die gras en water.
Die villa het 'n omsetter wat die TV, DStv en WIFi tydens kragonderbrekings ondersteun, asook 'n watertenk. Daar is 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër in die binnehof by die ingang van die villa.
Gratis, veilige parkeerplek is beskikbaar.
Die landgoed het gemeenskaplike swembaddens met 'n pragtige uitsig. Verder is daar ook 'n lowerryke tuin vir piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook by die gemeenskaplike braai-areas kuier en die voetslaanroetes aandurf.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 78
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- San Lameer-landgoed, R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer-landgoed, R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang