San Lameer Villa 2406
Kry 25% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 16 Jan 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, San Lameer, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R3 550R2 663 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 2406 is 'n stylvolle dubbelverdieping-villa op die pragtige San Lameer-landgoed in Southbroom, KwaZulu-Natal. Dié selfsorghuis het slaapplek vir 8 gaste en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.
Die villa het 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad. Elke kamer het lugversorging. Die eiendom het ook 'n JoJo-tenk, wat as 'n ondersteunende watertoevoer dien .
Die oopplan-leefarea het gemaklike rusbanke, 'n TV, 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek en 'n kombuis. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei en breekware. Daar is ook WiFi-toegang.
Die sitkamer lei deur glydeure na 'n onderdakstoep met buitemeubels. Die onderdakstoep het 'n ingeboude braai en 'n lieflike uitsig oor die landgoedtuin waar kinders lekker kan hardloop en speel. Daar is onderdakparkeerplek vir een voertuig aan die voorkant van die villa. Addisionele voertuie moet op die aangewese plekke binne die landgoed parkeer.
San Lameer, 'n lieflike landgoed aan KwaZulu-Natal se Suidkus, spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel, 'n swembad, konferensiesentrum, restaurant en vele sportaktiwiteite wat perfek vir stresverligting is. Al dié aktitiwiteite vind binne 'n pragtige, omheinde natuurreservaat plaas. Gaste verlaat San Lameer met herinneringe van glinsterende waters, 'n tropiese paradys en inheemse bosse.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 98
Resensies 418
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R61, San Lameer, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 2406 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, San Lameer, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang