San Lameer Villa 2414
Kry 20% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 8 Apr 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Gholflandgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R2 450R1 960 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 2414 is 'n lieflike selfsorg-villa in die veilige en gewilde San Lameer Estate. Dié eenheid het slaapplek vir 6 mense en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is geen groot paaie voor of agter die eenheid nie en is dus lekker privaat.
Die eenheid is ten volle toegerus met 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser. Gaste het ook toegang tot die volle DStv Premium-pakket.
Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer met stort. Daar is 2 lugversorging-toestelle en 2 plafonwaaiers. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.
San Lameer Villa 2414 se kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n LED TV met sekere DStv-kanale en WiFi. Die TV-kamer is langsaan die patio met sy ingeboude braai en yskas. Verder is daar ook onderdakparkeerplek vir 2 voertuie. Rook is verbode in die eenheid.
Die villa is stapafstand vanaf verskeie vermaak en sportgeriewe. Dit is in 'n sekuriteitskompleks geleë met toegang tot die strand, swembaddens, tennisbane, muurbalbane, gholf, bergfietsroetes, speelgrond, en voëlkykers moet onthou om hul verkykers saam te bring.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Dienste
- Kamer daagliks skoongemaak
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Kluis
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 98
Resensies 418
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- San Lameer Gholflandgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 2414 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Gholflandgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang