Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 2533

Selfsorg
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

San Lameer Villa 2533 is 'n luukse selfsorgvilla op die San Lameer Estate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Hierdie subtropiese paradys is eintlik 'n 200 hektaar-grootte natuurbewarea met wild, fauna, flora en 'n ryk voëllewe en spog ook met 'n kampioenskap-gholfbaan met 18 putjies, 'n hotel met 'n spa, 'n restaurant, kroeg, luukse villas en toegang tot 2 Blouvlagstrande.

Die villa het lugversorging, beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers en daar is slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n dubbelwasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die aparte badkamer. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof en -oond, 'n elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is sitplek vir 8 gaste rondom die etenstafel in die eetarea en die sitarea het gemaklike sitplek, 'n koffietafel en 'n TV met DStv.

Gaste het toegang tot 'n onderdakstoep met 'n etenstafel met 10 stoele en 'n losstaande braai, en dit bied 'n uitsig oor die landgoed. Toegang tot gratis parkeerplek is beskikbaar.

Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembad afkoel, 'n piekniek in die lowerryke omgewing hou, en daar is 'n kinderspeelarea, fietse te huur, 'n hengeldam, en 'n dam waar gaste kan voëlkyk. Gaste het ook toegang tot die gemeenskaplike braai-areas en die voetslaanroetes op die perseel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Toilet
Badkamer 3

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 70

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R4 900
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0155cc6186ef625c15dd3546cd0c40b80aa0e7ecdf31f70bc3e56a3673b775b316aa9686ce4337e69874829949ac1d46fa40?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 10301 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.941663927271 30.297370138415

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang