San Lameer Villa 2534
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa 2534, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 2534 is op die San Lameer-landgoed geleë. Dit is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, die subtropiese paradys met wild, fauna, flora, voëls en iets vir die hele gesin. Dié 200 hektaar-natuurreservaat spog met 'n kampioenskapgholfbaan met 18 putjies, 'n hotel en spa, 'n restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 pragtige blouvlagstrande.
Die superieure villa het 4 slaapkamers, 3 badkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Daar is 'n privaat balkon met 'n sitarea en 'n uitsig oor die gholfbaan. Die tweede, derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens, en sommiges kan op versoek in koninggrootte-beddens omskep word. Twee van die slaapkamers op die onderste verdieping lei na 'n stoep met toegang tot die gras. Twee van die badkamers is en suite, en beide stort- en badgeriewe is beskikbaar.
Die villa het 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolf toegerus. Die eenheid het ook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n stoep met sitplek en braaigeriewe, asook 'n uitsig oor die gholfbaan.
Die villa het 'n watertenk. Die villa kan met die aangrensende villa 2535 vir 'n groter groep van ongeveer 14 gaste bespreek word. Die omsetter ondersteun die TV, WiFi en ligte tydens kragonderbrekings.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 78
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa 2534, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa 2534, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang