Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

San Lameer Villa 2601

Selfsorg
Op die Nippertjie-aanbod 20% af

Kry 20% af op alle besprekings wat 4 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R3 850 R3 080 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

San Lameer Villa 2601 is 'n smaakvol gemeubileerde villa wat selfsorgverblyf op die San Lameer-landgoed in Southbroom bied. Die gholflandgoed spog met 'n asemrowende Blouvlagstrand met 24 uur-sekuriteit, haainette en lewensredders.

Hierdie grondverdieping-villa bied verblyf aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Beide die derde en vierde slaapkamers het 2 enkelbeddens en gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Die ruim leefarea het 'n etenstafel, gemaklike sitkamerstel, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n lugversorger. Die vertrek lei na 'n houtdek met braaigeriewe en 'n eetkamertafel. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Hierdie eiendom het 'n JoJo-tenk, wat 'n watertoevoer tydens noodgevalle sal verskaf.

Die landgoed bied 'n hotel met 'n spa en 'n restaurant, 'n 18 putjie-gholfbaan, rolbalbaan, tennisbane, muurbalbane, 2 swembaddens, 'n strandmeer met trapbote, voëlkykroetes, 'n bergfietsroete en direkte toegang tot 'n strand met lewensredders.

Een beskutte parkerplek word voorsien en ander voertuie kan by die hotel se parkeerarea of in die nabye, oop parkeerarea van die landgoed staan.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Rina R
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflik en veilig. Ons het heerlik gebly - baie netjies - alles wat nodig is en meer - sal vir seker weer die Villa gebruik.
Apr 2025
Paul B
Gesin met klein kinders
5.0
Perfect for a quick getaway. Lovely semi-detached house that was perfect for a 3-night stay.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
John S
Gesin met klein kinders
4.8
Thoroughly enjoyed the time away, well decorated but lacked maintenance. We had a great time with the family. The unit was well decorat...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Chenell V
Gesin met tieners
4.8
Wonderful experience. It was a wonderful stay, love Sanlameer!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025
Louise D
Gesin met klein kinders
4.2
Unsettling with a 5 month old baby and renovations taking place next door. Please give a warning of noise made by builders doing renova...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Top Destinations Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 455

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • R61, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink San Lameer Villa 2601 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 850
R 3 850 R 3 080
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 850
R 3 850 R 3 080
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R61, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA371bd916ccefd941eb21b9a85f0a216f055c5f57d173c5c623c86b4e479c44e64ef6e16a14a9583d4e4a636e5703b7da709e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 850 nouVanaf R3 080 per nag (plek vir 8) 7 5 1 5 R61 San Lameer Estate 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.941429315025 30.298704983003

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
311234567891011121314151617181920212223242526272829301234567891011