San Lameer Villa 2704
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 675 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 2704 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla in San Lameer Estate. Dit is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal en is 'n subtropiese paradys vol wild, fauna, flora en voëls. Hierdie 200 hektaar-natuurbewarea spog met 'n 18 putjie-gholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, asook luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Hierdie villa met lugversorging bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en gaste deel die derde badkamer met 'n stort-oor-bad. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroeër. Die kombuis lei na die eetarea waar gaste saam maaltye kan geniet. Daar is ook 'n tweede yskas. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na die onderdakstoep met 'n etenstafel en 'n ingeboude braai. Daar is ook 'n Weber-braai en veilige parkeerplek. Verder is daar ook ’n watertenk op die perseel.
Gaste kan by die landgoed se swembad ontspan en piekniek op die grasperke hou. Daar is 'n speelarea vir kinders, fietse te huur, 'n dam vir visvang en 'n dam vir voëlkyk. Gaste kan die gemeenskaplike braai-areas geniet en die voetslaanroetes aandurf.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort-oor-bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 78
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R61 San Lameer Estate, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer Estate, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang