San Lameer Villa 2806
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 375 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 2806 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer-landgoed. Hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls bied iets aan die hele gesin en is in die suide van KwaZulu-Natal geleë. Die 200 hektaar-natuurbewarea spog met 'n 18 putjie-kampioenskap-gholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en 'n kroeg sowel as luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Hierdie smaakvol ontwerpte villa bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Die ander slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en gaste deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ekstra TV's in die 2 van die slaapkamers. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea spog met 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, wasmajsien, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en daar is gemaklike sitplek, 'n koffietafel en 'n TV in die sitarea.
Die leefarea lei na 'n beskutte stoep en spog met 'n lowerryky omgewing. Die stoep het 'n losstaande braai en 'n etenstafel geskik vir 'n al fresco-ete. Gaste het ook toegang tot gratis parkeerplek.
Die villa het 'n omsetter vir die hele huis om die impak van beurtkrag te verminder. Daar is ook gratis WiFi, 'n watertenk en 'n haardroër.
Gaste kan langs die landgoed se swembaddens ontspan of die pragtige uitsigte waardeer. San Lameer bied ook uitsigte oor die lowerryke omgewing, tuine geskik vir 'n piekniek, 'n speelarea vir kinders, fietse wat te huur is, 'n visdam en 'n dam waar gaste kan voëlkyk.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort-oor-bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 78
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang