Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 2838

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

San Lameer Villa 2838 is 'n ekslusiewe selfsorgvilla in San Lameer Estate aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Dit is 'n subtropiese paradys met diere- en plantlewe, asook voëls en bied dus iets vir die hele gesin. Die 200 hektaar-natuurbewarea spog met 'n 18 putjie-kampioenskap-gholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg sowel as luukse villas met toegang tot 2 blouvlagstrande.

Hierdie smaakvol versierde villa bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea het 'n sit- en eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en daar is 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafel en 'n TV met DStv in die sitarea. WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met pragtige uitsigte oor die see en die groenigheid. Die stoep het 'n gemaklike sitkamerstel, ingeboude en losstaande braai sowel as 'n etenstafel vir 'n al fresco-ete. Toegang tot veilige parkeerplek is beskikbaar.

Ontspan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens of bederf jouself met pragtige uitsigte. San Lameer bied ook groot, groen areas, tuine vir 'n peikniek, 'n speelarea vir kinders, die huur van fietse, 'n visvangdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en voetslaanroetes geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 79

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb051f993bfb10b160e55e5fbeab4e8718f7902ea0cda154ba0c304b3f2ef9b75ce32b08b5343c88bc7457e9921f82794758c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4) R61 San Lameer Estate San Lameer Villa 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.942621878604 30.299526126001

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang