San Lameer Villa 3002
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 14 Feb 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, San Lameer, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 700 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
San Lameer Villa 3002 is 'n selfsorgvilla op die pragtige San Lameer Landgoed in Southbroom, KwaZulu-Natal.
Die villa het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n balkon wat net deur hierdie kamer bereik kan word en dit bied 'n uitsig oor die strandmeer. Die ander 2 slaapkamers, elk met 2 enkelbeddens, is op die grondverdieping en deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het sitplek vir tot 6 gaste en die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Onbeperkte WiFi word ook voorsien.
Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met 'n braai waar gaste skemerkelkies kan geniet en oor die strandmeer kan tuur. Een onderdakparkeerplek is beskikbaar vir jou voertuig. Ekstra voertuie kan by die oop parkeerplekke op die landgoed geparkeer word.
Die San Lameer Landgoed bied die perfekte vakansieverblyf vir enige reisiger. Dit is die heel eerste gholflandgoed wat in Suid-Afrika ontwikkel is en bied direkte toegang tot twee van die mooiste Blouvlagstrande in die land. Die landgoed dien as beide 'n 200 hektaar-grootte natuurbewarea, en 'n gholflandgoed met sy 18 putjie-kampioenskapgholfbaan en vyfster-spa.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 100
Resensies 418
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R61, San Lameer, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 3002 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, San Lameer, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang