San Lameer Villa 3309
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 3309 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla op die San Lameer-landgoed. Dit is aan die suidekant van KwaZulu-Natal, 'n subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, en dit bied iets vir elke lid van die gesin. Die natuurbewarea is 200 hektaar groot en spog met 'n 18-putjie kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die smaakvolle villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die oorblywende slaapkamers het elk of 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste meot hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het lugversorging en beskik oor 'n sitarea, eetarea en kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met 8 stoele en die sitarea het 'n gemaklike rusbank en 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n pragtige uitsig oor die dam en die boomryke omgewing. Die stoep het ook 'n etenstafel waar gaste al fresco-maaltye kan nuttig. Die tafel kan ook omskep word in 'n tafeltennistafel of pooltafel en daar is ingeboude braaigeriewe. Die eenheid het 'n omsetter wat sorg dat die krag ononderbroke is gedurende beurtkrag. Gratis, veilige parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan in die gemeenskaplike swembaddens van die kompleks afkoel en die pragtige uitsig indrink. San Lameer bied ook 'n groot, boomryke omgewing, tuine vir pieknieks, 'n kinderspeelarea, fietse te huur, 'n visvangdam en 'n dam waar gaste kan voëlkyk. Daar is ook gemeenskaplike braai-areas en voetslaanroetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Skoonheidskliniek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Klein kombuis
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 76
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61 San Lameer-landgoed, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang