San Lameer Villa 3706
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa 3706, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 3706 is op die San Lameer Estate. Dié subtropiese paradys is aan KwaZulu-Natal se Suidkus en spog met wild, fauna, flora en voëls en het iets vir elk. Die 200 hektaar-natuurbewarea spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, 'n hotel met 'n spa, restaurant, kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 Blouvlagstrande.
Die villa het lugversorging en is geskik vir 8 gaste. Daar is 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Twee van die slaapkamers het koningingrootte-beddens en en suite-badkamers. Die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die eetarea het 'n etenstafel vir 8 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale.
Die leefarea het 'n binnebraai en lei na 'n stoep wat 'n uitsig oor die see en tuin het. Die villa is die naaste aan die strandhekkie. Daar is ook 'n watertenk en omsetter vir die hele huis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 82
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- San Lameer Estate R61, San Lameer Villa 3706, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 3706 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa 3706, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal