San Lameer Villa 3708
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 675 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 3708 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla wat in San Lameer landgoed geleë is. Hierdie subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls, is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal en het iets om die hele gesin te bied. Die natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan; 'n hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villas en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Dié smaakvol ontwerpte villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ander slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die kombuis het 'n toonbank met 6 stoele. Die eetarea het 'n etenstafel wat geskik is vir 8 gaste. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, koffietafel wat lei na 'n dek met buitesitplek en 'n ingeboude gasbraai. Daar is ook 'n TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep wat spog met 'n losstaande braai en 'n asemrowende uitsig oor die lowerryke omgewing. Veilige parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontspan of die pragtige uitsigte geniet. San Lameer spog ook met 'n uitgestrekte lowerryke omgewing, tuine vir piekniek, 'n speelarea vir kinders. fietse te huur, 'n visdam en voëlkyk. Verder is daar ook gemeenskaplike braai-areas en voetslaanpaaie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 79
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Villa 3708 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Landgoed R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang