Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sancor Selfsorg 1

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 29, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Sancor Selfsorg het 'n lieflike see-uitsig en is stapafstand vanaf Santos-strand, 'n Blouvlagstrand in Mosselbaai.

Dié ruim woonstel is beskikbaar vir 'n gesin met tot 2 kinders. Dit het 1 slaapkamer wat gemeubileer is met 'n koningingrootte bed. Die woonstel het 'n ruim badkamer met 'n bad en stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Daar is 2 slaapbanke in die leefarea.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg, met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstofie met oond, mikrogolfoond en eetarea.

Die leefarea is ingerig met 'n TV met vol DStv en het braaigeriewe buite, asook veilige parkeerplek. Daar is ook 'n speelarea vir kinders. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. 'n Toegeruste waskamer is gratis aan gaste beskikbaar, maar 'n skoonmaak- en wasgoeddiens kan teen 'n ekstra koste gereël word.

Sancor Selfsorg is stapafstand vanaf Santos-strand, asook verskeie restaurante. Daar is 'n winkelsentrum net 1 km ver. Mosselbaai bied 'n verskeidenheid besienswaardighede soos die Bartholomeu Dias Maritieme Museum, die Garden Route Casino en verskeie ander doendinge, soos visvang, bootritte, wandel- en bergfietsroetes asook die Hartenbos- en Dias Waterparke. Jakkalsvlei Private Kelder en Restaurant is 'n groot trekpleister en sowat 60 km ver.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 56 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Leon C
Saam met lewensmaat
5.0
Baie goed geleë. Net oor die straat is Sontosbaai. Baie lekker gebly. Die eienaars is baie aangename mense en laat jou tuis voel.
Okt 2024
Jeretha O
Gesin met klein kinders
5.0
Uit die boeke kuier gewees. Baie dankie! Ons het so lekker gebly. Die eienaars was so vriendelik en het ons welkom laat voel. Sal vir seker terugkeer.
Aug 2024
Werner S
5.0
Ek sal beslis weer daar inboek. Dit het gevoel asof ek in 'n vyfster-hotel bly.
Aug 2024
Renata G
Gesin met klein kinders
5.0
Stil, see-uitsig, pragtige plek. Ons het regtig baie lekker gebly. Geen probleme nie, almal was vriendelik, die see was naby, en dit was die moeite we...
Sien meer
Jul 2024
Alta En Dawie M
Saam met lewensmaat
5.0
Sal plek aanbeveel vir vriende en familie. Fantastiese see uitsig. Waarde vir geld. Fantastiese see uitsig en rustigheid. Netheid en vriendelike gashe...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sandra Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 128

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Langstraat 29, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sancor Selfsorg 1 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 29, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYoiDkcPogmeybVfLFDxtW8goNIkwaBreFvzts7l3aZXYtd8QY9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 4) 56 5 1 5 29 Long Street Mossel Bay 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.176968 22.134309

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang