Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sancor Selfsorg 2

Langtermynverblyf-aanbod 35% af

Kry 35% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 30 Sep 2024 tot 29 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 29, Die Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 750 R1 138 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Sancor Selfsorg 2 is 'n gerieflike selfsorgwoonstel vir 'n gesin van 5 in Santosstrand, Mosselbaai, en dit is net 300 m van die see af.

Die woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Die ruim hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad, stort en 'n toilet.

Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is ook 'n slaapbank vir 2 kinders in die sitarea. Die tweede badkamer het 'n stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en etes kan aan die etenstafel geniet word. In die opwasarea is 'n skottelgoedwasser en wasmasjien.

Die sitarea het 'n TV met vol DStv en bied toegang tot die stoep met 'n uitsig oor die strand en hawe. Gratis WiFi en braaigeriewe is beskikbaar.

Veilige parkeerplek word voorsien en die woonstel het 'n sekuriteitstelsel vir ekstra gemoedsrus.

Daar is 'n kinderspeelarea. 'n Wasgoeddiens is op versoek teen ekstra koste beskikbaar.

Mosselbaai bied verskeie besienswaardighede, soos die Bartolomeus Dias Museumkompleks en die Poskantoorboom, die Kaap St. Blaize-vuurtoring en die Garden Route Casino. Gaste kan gholfspeel, valskermspring, haaihokduik, visvang, 4x4, stap, voetslaan, sandplankry, die Langeberg Mall met 'n rits winkels en restaurante besoek, en by verskeie ander winkels en restaurante in die dorp 'n draai maak.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Angelic H
5.0
Baie baie lekker in hierdie baie baie mooi plekkie. Ons vakansie was wonderlik. Hier die woonstel is ongelooflik mooi en netjies ingerig. Daar is alle...
Sien meer
Aug 2024
Lize B
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Ek sal net graag wil sien dat daar 'n strykyster/strykplank is asook ietwat meer kombuisbenodighede (rasper, mop), maar anders 'n fantasti...
Sien meer
Apr 2024
Susan H
Besigheidsreis
5.0
Sakereis, maar het soos vakansie gevoel. Baie lekker gebly. Woonstel was baie netjies en goed ingerig. Verwagtinge oortref.
Mrt 2024
Veronica L
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende verblyf op die pragtigste plek. Ons het ons tyd by Sancor Selfsorg 2 terdee geniet. Baie netjies en pragtige woonstel! Sal beslis weer daa...
Sien meer
Okt 2023
Anna B
Saam met lewensmaat
5.0
Sancor 2 het alle verwagtinge oortref. Beslis die moeite werd om te besoek. Die verblyf is skoon en netjies met als wat jy nodig het. Vriendelike ont...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sandra Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 120

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Langstraat 29, Die Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sancor Selfsorg 2 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 750
R1 750 R1 138
per nag (plek vir 5)
Vanaf R1 750
R1 750 R1 138
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 29, Die Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA411f48d08a32cd7efdc73d20f2d36a4ea53986d5d613cbd513ef39cf739a706c8e1ad442ec6237c7a211c770e4ed7a447508?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 750 nouVanaf R1 138 per nag (plek vir 5) 18 5 1 5 29 Lang Street Die Bakke 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.177070508226 22.13429956627

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang