Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sancor Selfsorg 4

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Suzelle R
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Sep 2024

Ons was daar vir 10 dae vir ons seuns se kriekettoere. Dit was 'n wonderlike plek om by te bly! Ons sal vir seker weer daar gaan bly. Oom Cor en tannie is liewe mense en hulle kleinseun het die mooiste maniere. Super netjies, mooiste uitsig, moderne verblyf, heerlike beddens, baie vriendelike personeel en net overall 'n lekker gevoel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christa G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2024

Uiters netjiese eenhede. Mooiste uitsig. My lewensmaat moes vir 'n rugprosedure kom en het met moeite trappe geklim. Cor en Sandra het vir ons die groter eenheid aangebied sonder enige ekstra koste. Ons waardeer julle hulp en gasvryheid. Die eenheid was uiters netjies. Sal hulle enige tyd aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johannes V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Dit was regtig die beste verblyf op ons avontuur tot dusver. Baie lekker! Waarde vir geld. See uitkyk, waarvoor meer kan 'n mens vra.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lana V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Excellent view, clean and neat unit. Clean and perfect view. Has all the amenities you could need.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jj K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2024

Baie lekker, naby aan die strand. Pragtige verblyf, netjies en skoon, baie naby aan die strand. Ons het dit baie geniet en sal vir seker weer terugkom om weer te kuier. Puik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Esau S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2024

Hemels, en ons kon later uitboek. Dankie Sandra. Baie woorde ontbreek om verblyf te beskryf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Yolandie D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2024

Netjies, skoon, gerieflik, vriendelike diens. Ons het ons week baie geniet by Sancor. Loop afstand van die strand. Gerieflike speelarea en grasperk met eendjies wat ons dogtertjie baie geniet het. Ons sal definitief weer kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met vriende
3.6
Feb 2024

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Sandra
Sancor Selfsorg 4
Ons neem hierdie resensie maar van wie dit kom... en dit bots vierkantig met wat ander gaste gedink het. Ons het gister reeds aangedui dat ons die gaste nie weer sal akkommodeer nie - ek noem 'n paar dinge wat ons tot die besluit gebring het: a) Die eenheid is in 'n toestand agtergelaat soos ons nog nie beleef het nie, morsig om die minste te sê; b) Die bespreking was vir 2 persone, maar daar het tot 5 persone oornag. Ons het nie eers 'n issue daarvan gemaak nie en net daarop gewys dat dit nie toelaatbaar is nie; c) Daar is in die eenheid gerook, ondanks dat dit verbode is; d) Die gaste het op 'n stadium aangedui dat die WiFi baie stadig is (ek kan net noem dat ons die vinnigste Vodacom pakket het). Ons het normale stappe geneem en toe dit blyk dat die spoed beter is, het ek per WhatsApp gevra of dit by hulle ook beter is - hulle het egter nie gereageer nie. Dit is egter iets waarmee ons van tyd tot tyd met Vodacom sukkel en hulle blameer piekkrag; e) Wat die konstruksiewerk betref, het ons die gaste 25% afslag op die bespreking gegee om te kompenseer.

Gerhardt D
Lang verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2023

N wondelike plekkie om te bly. Met die aankoms was ons vriendelik gegroet deur die gasheer en rond gewys. Aktiwiteit pamflette was beskikbaar op die tafel en het gehelp om nog planne by die vakansie te voeg. Die eenheid was skoon en netjies met daai bietjie ekstra bederf (bietjie beskuit en koffie) wat 'n mens ingewag het. Die kombuis is heltemal voldoende vir 'n familie van drie met al die benodighede wat 'n mens sou wil hê, met die braaigeriewe naby gesit vir daai vakansiebraai. Die eenheid het 'n lekker klim-en-klouterstel vir die jong span, met die Santos strand net 'n kort loopie oor die pad en net 'n klip gooi verder is die Bartolomeu Dias Museum. Die see kan elke aand gehoor word en die area is redelik stil in die aande vir die wat net wil inkrul en knuffel. Die enigste tekortkoming sal die seinsterkte wees van die WiFi, maar met ons wat so baie buite was, het ons nie 'n behoefte gesien om te kla oor dit nie. Dit was 'n heerlike verblyf met net goeie herinneringe wat bygevoeg is tot ons lewensverhaal.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Colin H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Rustig, skoon en veilig. Eienaar was baie vriendelik en behulpsaam. Sal beslis weer by Sancor tuisgaan, baie skoon , netjies en veilig. Stapafstand vanaf strand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sandra Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 122

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf R750
R750 R563
per nag (plek vir 3)
Vanaf R750
R750 R563
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 29, Die Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7f1bf11f0ab690fe6985df7186a694db8f44847fd6570d82a41499e072b1e323195009abffe1fa9e9df5d26da8e5c5f26e25?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R750 nouVanaf R563 per nag (plek vir 3) 28 5 1 5 29 Lang Street Die Bakke 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.1769995 22.1342191

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang