Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sancor Selfsorg 4

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 30 Sep 2024 tot 29 Nov 2024.

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 29, Die Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R750 R563 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Sancor Selfsorg 4 is 'n selfsorgwoonstel vir 'n gesin van 3 tot 4 gaste in Santosstrand, Mosselbaai en is net 300 m van die see af.

Die woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 of 2 jong kinders, en dit beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n slaapbank vir 2 kinders in die sitarea. Die badkamer het 'n stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet.

Die sitarea het 'n TV met OpenView-kanale en bied toegang tot 'n stoep. Daar is gratis WiFi en braaigeriewe wat gaste kan gebruik.

Veilige parkeerplek word voorsien en die woonstel het 'n sekuriteitstelsel.

Daar is ook 'n kinderspeelarea en 'n toegeruste waskamer.

Mosselbaai bied verskeie doendinge soos die Bartlomeus Dias Museumkompleks en die Posbusboom, die Kaap St. Blaize Vuurtoring en die Garden Route Casino. Gaste kan in die omgewing 'n potjie gholf speel, vryval, haaihokduik, hengel, 4x4, voetslaan, sandplankry of die Langeberg Mall met sy verskeie winkels en restaurante asook die winkels in die dorp besoek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 3 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Christa G
Saam met lewensmaat
5.0
Uiters netjiese eenhede. Mooiste uitsig. My lewensmaat moes vir 'n rugprosedure kom en het met moeite trappe geklim. Cor en Sandra het vir ons die gro...
Sien meer
Sep 2024
Johannes V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was regtig die beste verblyf op ons avontuur tot dusver. Baie lekker! Waarde vir geld. See uitkyk, waarvoor meer kan 'n mens vra.
Mei 2024
Lana V
Saam met lewensmaat
5.0
Excellent view, clean and neat unit. Clean and perfect view. Has all the amenities you could need.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2024
Jj K
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker, naby aan die strand. Pragtige verblyf, netjies en skoon, baie naby aan die strand. Ons het dit baie geniet en sal vir seker weer terugkom...
Sien meer
Mrt 2024
Esau S
Saam met lewensmaat
5.0
Hemels, en ons kon later uitboek. Dankie Sandra. Baie woorde ontbreek om verblyf te beskryf.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Sandra Geverifieer

Eiendomme 5

Resensies 120

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Langstraat 29, Die Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sancor Selfsorg 4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
R750 R563
per nag (plek vir 3)
Vanaf R750
R750 R563
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langstraat 29, Die Bakke, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7f1bf11f0ab690fe6985df7186a694db8f44847fd6570d82a41499e072b1e323195009abffe1fa9e9df5d26da8e5c5f26e25?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R750 nouVanaf R563 per nag (plek vir 3) 27 5 1 5 29 Lang Street Die Bakke 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.1769995 22.1342191

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang