Sancta Maria 10
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hill-weg 3, Eenheid 10 Sancta Maria, Winklespruit, 4126, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 280 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Sancta Maria 10 bied gerieflike selfsorg-verblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel wat stylvol versier is in Winkelspruit aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Die woonstel spog met 'n dakwoonstel vir gaste se privaat vermaak, waar hulle skemerkelkies kan drink en die see-uitsig of 'n uitsig oor die dolfyne in die branders kan geniet.
Die woonstelkompleks het direkte toegang tot die strand vanuit die hoofhek en is ook net 550 m vanaf 'n inkopiesentrum.
Dié woonstel het 2 slaapkamers en is geskik vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en lugversorging. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 'n dubbelslaapbank in die sitkamer. Die sitkamer het lugversorging vir die warm somersdae. Bad- en stortgeriewe is beskikbaar.
Die kombuis is met 'n yskas, oond en stoof en 'n mikrogolf toegerus. Verder is daar 'n Android TV met sekere DStv-kanale, Netflix, Showmax en YouTube in die sitkamer.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks, asook veilige parkeerplek.
Winkelspruit is 33 km vanaf Durban en skuil rustig aan die Suidkus. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie, naweekwegbreek of lui somersdae in die son. Die area se hoofstrand, Winkelspruitstrand, is heerlik vir swem en branderplankry aangesien daar haainette is. Die kinders kan speel in die rustige waters van die strandmeer, wat tot in die see strek. Die getypoel is ook gewild onder jongmense en diegene wat die son en see geniet. Goeie golwe maak Winkelspruit 'n gewilde strand vir plaaslike branderplankryers en besoekers. Dié strand is ook ideaal vir kajak, skeerboot- en bootvaart. Winkelspruitstrand is tussen Warnerstrand en Illovo geleë, en die nabygeleë park bly 'n topplek vir pieknieks.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Meer oor dié eenheid
- Nie rook
- Patio
- Privaat ingang
Dienste
- Diens op aanvraag
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Ekstras
- Kroegyskas
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Nancy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Hill-weg 3, Eenheid 10 Sancta Maria, Winklespruit, 4126, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sancta Maria 10 het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Winklespruit Amanzimtoti Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hill-weg 3, Eenheid 10 Sancta Maria, Winklespruit, 4126, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang