Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sand Kasteel @ Boknesstrand

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 1 Des 2024 tot 31 Jan 2025.

  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2de Laan 28, Boknesstrand, 6185, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 500 R1 350 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sand Kasteel @ Boknesstrand is 'n dubbelverdieping-selfsorgvakansiehuis in Boknesstrand. Dit is lekker naby die strand en strandmeer en bied 'n lieflike see-uitsig.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n see-uitsig, koninggrootte-bed, kinderbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 'n see-uitsig, dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die vierde slaapkamer het 'n see-uitsig, 2 enkelbeddens, 'n TV en 'n en suite-badkamer met net 'n toilet. Daar is ook 'n oopplan-sitarea en -kombuis met 'n kinderbed.

Die kombuis is met 'n yskas, gasoond, stoof, mikrogolf, ketel, basiese eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis het ook 'n toonbank waar gaste hul maaltye kan nuttig.

Die leefarea het 'n houtsitkamerstel. Stapeldeure lei na 'n onderdakstoep met 'n stoeptafel en braaigeriewe.

Gaste het die opsie met net die helfte van die vierslaapkamerhuis te bespreek. Die eerste slaapkamer het 'n see-uitsig, dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet of 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n see-uitsig en 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n TV, badkamer met 'n toilet, 'n oopplan-sitarea met 'n kinderbed en 'n kombuis wat met 'n skottelgoedwasser, gasstoof en 'n mikrogolfoond toegerus is. Verder is daar 'n onderdakbraai-area met 'n etenstafel en sitplek vir 8 gasye. Gratis WiFi is beskikbaar, afhangend van die opvangs.

Die woonstel beskik oor 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dit het 'n privaat ingang en dis geskik vir 2 gaste. Daar is ook 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Let wel dat die woonstel nie 'n see-uitsig het nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Delmarie Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 132

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 2de Laan 28, Boknesstrand, 6185, Oos-Kaap
  • Gaste dink Sand Kasteel @ Boknesstrand het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 350
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 500
R 1 500 R 1 350
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2de Laan 28, Boknesstrand, 6185, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA59a8ae668c0199db9cd882dd663b631a667b8f6ff56fc1b3aaa9fa8028096ce1692ac798271ce5a5fac8901887d4a6797f9b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 500 nouVanaf R1 350 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 28 2nd Avenue Boknesstrand 6185 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.726908924111 26.584355569234

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang