Sand Sleepers
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Susanweg 677, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Sand Sleepers is 'n ruim dubbelverdiepinghuis vir tot 8 mense in Pringlebaai, en bied gaste maklike toegang tot die strand.
Die huis bestaan uit 4 slaapkamers, 2 op die boonste verdieping en 2 op die grondvloer, en elkeen van die kamers het 'n privaat badkamer. Die eerste kamer op die grondvloer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en het 'n badkamer met 'n bad en stort.
Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer geleë en het 'n koningingrootte-bed, sowel as 'n en suite-badkamer met 'n stort, en lei na 'n balkon wat oor die strand en see uitkyk. Die vierde kamer het 'n see-uitsig, en is ingerig met 2 enkelbeddens, en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Gerieflikheidshalwe word duvet binnegoed, matrasbeskermers, kussings en kussingbeskermers, linne en handdoeke voorsien. Gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring.
Die groot oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, 2 elektriese oonde, 'n mikrogolfoond, 2 groot yskaste, 'n skottelgoedwasser, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die waskamer is toegerus met 'n strykyster en strykplank, 'n wasmasjien, asook 'n tuimeldroër. Etes kan by die etenstafel geniet word, en gaste kan ontspan in die sitkamer wat 'n knus kaggel, 'n TV en 'n DVD-speler het. In spitsseisoene is DStv beskikbaar, en die res van die jaar is DStv beskikbaar op versoek teen 'n ekstra koste. ADSL is ook in die huis beskikbaar.
Gaste kan ontspan in die sonkamer wat toegang tot die stoep het, of gebruik maak van die speelkamer in die kelder wat 'n tweede TV en DVD-speler het, asook tafeltennis en bykomstighede. Braaigeriewe is in die tuin beskikbaar, en die groot windbeskermde stoep het direkte toegang tot die strand. Sand Sleepers is 'n nie-rook instansie, en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Alle huureiendomme in Pringlebaai kom met 'n waarskuwing oor wilde lewe en Chacma-bobbejane in die omgewing. Onthou en respekteer asseblief die feit dat jy in 'n bewaringsgebied is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Anneke Geverifieer
Eiendomme 27
Resensies 104
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Susanweg 677, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Sand Sleepers het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pringlebaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Susanweg 677, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang