Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sandals

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Ian M
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2024

Lekker verblyf in die hartjie van Mosselbaai. Baie lekker gebly. Die gasvrou is wonderlik en bereid om te help en bly sommer naby.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsabé
Sandals
Baie dankie vir jou positiewe kommentaar, Ian. Ek hoop om julle weer te akkommodeer!

Izel S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2023

Gerieflik, skoon, netjies en sentraal. Lieflike gasvrou en 'n skoon, netjiese woonstel wat baie sentraal geleë is. Baie dankie aan die gasvrou wat ons so welkom laat voel het. Ons het baie lekker gebly. Ons sal vir seker terug wees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsabé
Sandals
Baie dankie vir jou positiewe kommentaar, Izel, en ook vir julle ondersteuning. Dankie ook dat julle my woonstel so netjies gelaat het, dit sal net 'n plesier wees om julle weer te verwelkom!

Ansa R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2023

Wegbreeknaweek. Die woonstel is volkome uitgerus vir 'n heerlike kuier. Die beddens is gerieflik. Elsabé is vreeslik behulpsaam en 'n wonderlike gasvrou. Ons het heerlik gerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsabé
Sandals
Baie dankie vir jou positiewe kommentaar Ansa. Baie dankie dat julle my woonstel so netjies gelaat het, julle is altyd welkom.

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Nov 2023

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Thereza H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

Alles in Een. Van die in stap af was ons gemaklik. Die woonstel was perfek. Alle vertrekke netjies en baie spasious. Wat vir my spesiaal was, was die vars blomme en die melk in die yskas. Baie dankie tannie Elsabe, tannie het beslis uit tannie se pad gegaan om hierdie paar dae baie gerieflik te maak. Die ligging was ook fantasties, dis tussen Hartenbos en Mosselbaai en maklik toeganklik. Goeie sekuriteit en naby die see. Ek sal Sandels enigetyd aan beveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsabé
Sandals
Baie dankie Thereza, vir jou positiewe terugvoering, dit word baie waardeer. Dit was 'n voorreg om gaste soos julle te akkommodeer en ek hoop om julle weer te ontvang.

Bradley S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2022

Amazing. Wat 'n wonderlike tyd het ons by die plek gehad, Elsabee en haar man is wonderlike mense. Ek was al by plekke waar die foto's niks lyk soos die geadverteer is nie, ek werk nou al jare self by LekkeSlaap en ek kan sê die plek lyk net so netjies soos dit hier lyk. Ons het veilig gevoel, ek sal regtig die plek aanbeveel vir enige iemand. Baie, baie dankie Elsabee, dit het my twee jaar gevat maar ek is bly ek het myself gekry om in Mosselbaai uit te kom en jy het dit net soveel meer special gemaak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsabé
Sandals
Baie dankie vir die positiewe terugvoer Bradley, ek waardeer dit baie.

Louise P
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2022

My family had a wonderful stay at Sandals. Elsabe and her husband were ever so accommodating for our times of arrival and departure. They a were available to anytime questions with absolute kindness. The accommodation was immaculate on arrival. Everything is on hand, right down to the ironing board and iron. The swimming pool, braai area and gardens are in beautiful condition and we felt very welcomed.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsabé
Sandals
Thank you so much Louise for your positive feedback. We would like to accommodate you again in the near future.

Dominique L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2019

Asemrowend! Ons het van die begin af ongelooflike diens van Elsabe ontvang. Ons het laat Vrydagaand in Mosselbaai aangekom en is met 'n glimlag gegroet. Waarvan ek baie gehou het van die eenheid waarin ons gebly het, was dat dit soos die huis was; dit het alles wat ons benodig, volledig toegerus met beddegoed, handdoeke, breekware, sekere toiletware. 'n Ekstra spesiale ding vir my was die melk, water en sappe vir my meisies wat by die aankoms in die yskas wag. Die meubels is op datum, gemaklik en baie netjies. Ons was mal oor die oop ruimtes en die feit dat ons die gratis WiFi en DStv kon geniet. Ons moes letterlik net onsself, ons klere en kos saambring. Elsabe het die hele naweek by ons opgecheck, gekyk of alles in orde was, ons motor dopgehou (al was dit veilig binne), en het altyd gekyk of sy iets ekstra kan doen. 'n Groot wow vir my! Ek was net mal oor die atmosfeer; 'n besliste terugkeer. Dankie Elsabe, jou diens is verstommend. Waardeer regtig al die moeite wat jy gedoen het om ons gemaklik te maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsabé
Sandals
Dear Monique, Thank you so much for the positive feedback, I really appreciate it. It was wonderful having guests like you in our apartment and we are looking forward to accommodating you and your family again. All of the best! Elsabé

Tom K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2019

Die skoonste, pragtigste eenheid wat mens kan kry. Baie dankie aan Elsabe en Derick vir 'n goeie ontvangs. Ons het elke sekonde geniet by julle plekkie. Sal beslis weer terugkom met ons vakansie. Die woonstel was baie skoon, mooi ons kan nie uit gepraat raak van ons tydjie by Sandals nie. Baie baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Elsabé
Sandals
Baie dankie vir jou positiewe kommentaar Tom, dit word waardeer. My gaste se tevredenheid is my prioriteit, en niks beter as die beste is goed genoeg nie! Baie dankie aan julle wat ons plek onberispelik netjies gelaat het, julle sal altyd welkom wees!

Nerina S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Sep 2019

Clean and safe accommodation with everything you need and more. We loved our stay. Everything is spotless and in working condition. Very comfortable and I would recommend to anyone. We will definitely book at Sandals again. Our hostess, Elsabe, was amazing.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Elsabé Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Louis Fourie Straat, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7028a483508aed1cc1c76b734a70ae6ddc47d1e9390e1940a8d184c1245fa521cb956fabce938a89f4c596cdac200331b14d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4) 18 5 1 5 Louis Fourie Road Mossel Bay 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.165187154078 22.109529802983

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang