Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sandcastle Luxury Villa

Lodge
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: New Bradford-plaas, 5 km vanaf Wesley, 5621, Oos-Kaap
  • Vanaf R21 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sandcastle Luxury Villa skuil op die afgesonderde kuslyn van die Oos-Kaap se Indiese Oseaan en lyk soos 'n droombeeld op die horison. Die villa is op 'n privaat wildreservaat van 275 ha geleë, net 45 minute vanaf Oos-Londen, en spog met 'n lang, privaat strand.

Sandcastle word as 'n geheel verhuur en bied 'n eksklusiewe ervaring aan 'n groep.

Die Meksikaans geïnspireerde villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 seefront-slaapkamers met en suite-badkamers en lugversorging, asook 'n oopplan-leefarea met 2 sitareas en 2 verhitte swembaddens. Die ruim hoof-suite en gaste-suite het elkeen 'n koninggrootte-bed, 'n pragtige uitsig oor die omliggende reservaat en die see, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die ander 2 slaapkamers het elkeen 'n ekstra groot koninggrootte-bed wat uit 2 driekwartbeddens bestaan en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Geriewe in die huis sluit lugversorging, 'n kombuis, formele eetkamer met sitplek vir 8 en 2 knus sitareas met kaggels in. Die kombuis is met 'n stoof, 2 oonde, 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus en het 'n toonbank en stoele. Daar is ook 'n kuierarea met 'n slim-TV en WiFi.

Buite is daar 'n ruim binnehof waar gaste middagete kan eet, 'n groot randvloeiswembad en sonstoele met 'n uitsig oor die see en die wildspesies. Braaigeriewe in en 'n pizza-oond is ook beskikbaar.

Die 275 ha-reservaat waarin die villa geleë is, is 'n bewarea met 'n oorvloed sebras, kameelperde, swartwitpense en wildsbokke wat inheems aan die omgewing is. Die reservaat is ook die tuiste van kleiner soogdiere, soos die Kaapse witkwasmuishond, sivetkat en muskeljaatkat.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 4 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet met bidet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet met bidet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Ligging

  • New Bradford-plaas, 5 km vanaf Wesley, 5621, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sonskynkus Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R 21 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 21 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: New Bradford-plaas, 5 km vanaf Wesley, 5621, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe963c4e7a1041e0bce00012a598d6bc8ae2e76ccc4bc52aa24cf22936a20d5e66dac28e5237c261f84861c9e39a4e62cc9d3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R21 000 per nag (plek vir 8) New Bradford Farm 5 km from Wesley 5621 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.352650260324 27.36890984425

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang