Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sandown Lodge

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glebe-weg 10, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 550 per nag (plek vir 2)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Sandown Lodge is 'n bekoorlike Georgiaanse gastehuis uit die 19de eeu wat sentraal geleë is in 'n pragtige omgewing direk oorkant Rondeboschpark. Die sentrale ligging maak ons die ideale bestemming vir sakereisigers, akademici en vakansiegangers.

Die lodge bied akkommodasie in 3 ruim dubbel-suites wat goed ingerig is. Elke suite het sy eie en suite-badkamer, satelliet-TV, gratis WiFi internet, 100% katoenperkallinne en goeie beddens met elektriese komberse in die winter. Daar is ook 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, mikrogolf en wasbak as gaste selfsorg verkies. Ons het ook ons eie watertoevoer vanuit 'n boorgat op die perseel. Die verblyf het sonpanele en word nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

Alle suites het 'n aparte, privaat ingang en veilige parkeerplek van die straat af. Al die suites het ook toegang tot 'n pragtige, afgesonderde tuin met 'n 180 jaar-oue eikeboom as fokuspunt. Die skadu van die boom en die mannewales van die eekhoringtjies op soek na akkers, maak dit die perfekte plek om vroegoggend ontbyt, tee in die middag of 'n braai in die aand daar te geniet. 'n Kontinentale ontbyt kan teen 'n ekstra koste versoek word.

Daar is slaapplek vir 2 addisionele gaste in die groter selfsorg-suites.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Katja S
Saam met lewensmaat
5.0
A peaceful haven in the middle of suburbia. It was a useful stopover near to shops and restaurants.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
John Henry C
Saam met vriende
5.0
Homey. Had a wonderful stay in a very relaxed environment.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Marietjie K
Saam met lewensmaat
5.0
Baie tevrede. Ons het baie lekker gebly in die ruim kamer.
Jan 2024
Lizette B
Besigheidsreis
5.0
Rustig. Kon ontspan na 'n lang dag se werk.
Mei 2023
Lindy K
Gesin met klein kinders
4.8
Sal beslis weer hier kom oorslaap. Baie mooi, skoon verblyf met 'n pragtige tuin.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Vanessa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • Glebe-weg 10, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sandown Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 550
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Glebe-weg 10, Rondebosch, Kaapstad, 7700, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAee730ee0a7b2cc1c79ed3dfb01962fe53924979c1e666bb92d05afdc57ace81e3a322c142a8962406d348cfe73e276b9f82e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 550 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 10 Glebe Road Rondebosch 7700 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.964536134011 18.478104025126

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang