Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sandpiper

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villiers-straat 41, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sandpiper is 'n selfsorg-vakansiehuis in De Kelders, 'n kusdorpie langs Gansbaai en slegs 40 km van Hermanus af. Die huis is naby die Plaat Natuurreservaat met 'n 22 km lange wildstrand. Dis met 'n 4x4 toeganklik, of gaste kan parkeer in die parkeerterrein aan die bokant van die eerste baai, afstap na die beskutte strand, die argeologiese grotte verken en die strande, rotse en baai ontdek. Die strand het 'n ryk voëllewe. Die wandelpaadjies langs die kranse is skouspelagtig en bied die perfekte uitsig om die suidelike noordkappers in walvisseisoen (Julie) te sien.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste en het 3 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Dié kamer het ook 'n buitestort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuisie is goed toegerus vir selfsorg en het 'n gasstoof, yskas-vrieskas, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die dubbelvolume leefarea het 'n gemaklike sitkamer en lei na 'n groot onderdak houtdek. Die dek lei na 'n grasperk en pragtige fynbostuin.

Daar is 2 paaie wat vanaf die kranse en see terug lei na die huis. Dit het 'n skouspelagtige uitsig oor Walkerbaai en die Hermanus-berge. Sandpiper het gratis WiFi, maar nie 'n TV nie. Die huis is ideaal vir ontspanning, lees, geselskap en speletjies speel.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Chrismari V
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike plek by die see. Die plek is so mooi en netjies binne. Alles is daar wat jy benodig vir 'n rustige tyd weg. Die klein kinders het dit geniet ...
Sien meer
Aug 2024
Delmarie Z
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker vakansie gehou. Baie lekker gebly. Die buite stort was 'n wenner met die kinders. Dadelik vir ons geantwoord op enige vrae. Baie vriendelike en...
Sien meer
Des 2023
Juanita V
5.0
Perfek vir 'n klein groep wat saam toer. Elke kamer het sy eie ingang met 'n groot leefarea. So dis perfek vir 2 of 3 couples wat saam vakansie wil ho...
Sien meer
Mrt 2023
Fatigah D
Gesin met klein kinders
4.8
Lovely stay for 20-somethings or parents with teens. We were thrilled to stay at the Sandpiper. It's a great place if you just want to ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Gaironesa P
Saam met vriende
4.8
It was okay. No proper braai facilities. Weber was broken and we could not braai.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Tessa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • De Villiers-straat 41, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sandpiper het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R2 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Villiers-straat 41, De Kelders, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAARe9cjvxeYhPZpm2mP2BelwOI1GeQJUZHHFNP5SeieA547bDI0Q?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 250 per nag (plek vir 6) 26 5 1 5 41 De Villiers Street De Kelders 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.552846 19.371406

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang