Sandpiper's Nest
- Kapasiteit: 1 persoon
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandpiper-singel, Flamingo Vlei, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 1)
Beskrywing
Sandpiper's Nest is 'n selfsorgkothuis op die eienaar se perseel in die lowerryke woonbuurt Flamingo Vlei in Bloubergstrand. Die verblyf is naby die Rietvlei Natuurreservaat en is 4 km van die bekende Bloubergstrand af.
Hierdie rustige tuinwoonstel het 'n privaat ingang, is ideaal vir 1 gas en het 'n oopplan-uitleg. Die kothuis het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die leefarea bied gemaklike sitplek, 'n slim-TV en 'n etenstafel met sitplek vir 2. Die kombuisie is met 'n yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en 'n verskeidenheid breekware, eetgerei en toebehore toegerus.
Boonop bied die woonstel veilige parkeerplek vir 1 voertuig, gratis WiFi en 'n wasmasjien. Sandpiper's Nest is ook net 18 km vanaf Kaapstad se sakekern en sowat 32 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Sandpiper-singel, Flamingo Vlei, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Flamingovlei Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 1 persoon
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sandpiper-singel, Flamingo Vlei, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang