Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sandvlei Kuierhuis

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Johan C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Koud en lekke (was daar nét voor sneeu geval het). Dit was nou 'n kuier om te onthou. Dankie, vir die verrassings - en dit was meer as genoeg vir ons twee! Selfs die koue weer (ons was daar nét voor die sneeu geval het) het nie gepla nie, die binnebraai het, as 'n kaggel, sy doel gedien. Ons gaan weer kom kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Brandon G
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jun 2024

Fantastic. This was definitely one of my best weekends away. I will go back to this amazing place.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Monique G
Kort verblyf
5.0
Apr 2024

Baie lekker plaas bederfies, sal weer kom. Vreeslik geniet, die atmosfeer en gasvryheid is merkwaardig. Heerlike plaasbrode en tuisgebak ontvang. Baie dankie vir 'n heerlike kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Mariana B
1 nag Saam met vriende
5.0
Apr 2024

N ongelooflike rustige ervaring gewees. Dorina se vars gebakte brood en konfyt. Dit was ongelooflik!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

John G
1 nag Saam met vriende
5.0
Jan 2024

Brill! Lovely, relaxed and private in the sole stay house on the property (other than the hosts' farmstead, a short walk through the bloekoms). Very well looked after by host. Spacious house, superbly equipped.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacques D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2024

Ek wou nie daar wegry nie! Dit se alles. Dit is werklik 'n baie lekker huis, baie netjies, baie ruim, regtig pragtige area en wonderlike eienaars.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dorina
Sandvlei Kuierhuis
Jacques, baie dankie vir die mooi terugvoering. Dit word baie gewaardeer, dit was so lekker om julle hier te kon hê! Julle is amazing gaste!

Alida D
Lang verblyf
5.0
Jan 2024

Sielsverrykend, rustig en kalm, medisyne vir die gemoed, na-aan God se natuur. Verblyf: 23 Desember 2023 - 5 Januarie 2024. 'n Onvergeetlike 2 weke! Dankie vir die heerlike bederfies wat ons so gereeld gekry het; die vinnige inloer-kuiertjies en geselsies. Die rus was ongetwyfeld sielsverrykend. Die milieu spreek boekdele van ongerepte natuurskoon en kalmte. Die plaas het gesorg dat elkeen van ons op sy/haar eie manier kon ontspan en rus. Dit was 'n voorreg om na die hart van die skepping te kon kom. (An absolute blessing!). Onvergeetbare herinneringe, oomblikke te koester en hartstogtelike vreugde en vrede sal altyd deel wees van die Sandvlei-verhaal in ons harte!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dorina
Sandvlei Kuierhuis
Alida, so baie dankie vir die mooi terugvoering, waardeer regtig baie! Julle was ongelooflike lekker gaste! Ek mis julle baie, die kuiertjies was so lekker by julle mooi bly.

Andrew G
1 nag Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2024

We had a delightful short stay at Sandvlei Kuierhuis. Dorina, the host was superb! It was lovely. We didn't spend too much time at the house as we were attending a wedding. Only one suggestion for improvement is the shower. It suffers from low pressure.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Frans S
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Jun 2024

Fantastic, well worth it in every way. Very comfortable with the hosts going the extra mile with lots of extra 'goodies' like freshly baked farm bread, butter, jams and rusks. It exceeded my expectations. Thank you for a wonderful stay and a wonderful experience.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Linette M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Nov 2023

Ongelooflik en rustig. Ideaal vir kinders. Van die begin af het die verblyf ons tuis laat voel. Die kommunikasie met Dorina was uitstekend en ons kon nie wag om daar te wees nie! Wat 'n ongelooflike amazing naweek. Wat 'n ongelooflike verrassing om by die huis in te stap met 'n vars gebakte broodjie, konfyte ens, asook heerlike tuisgebakte koekies en beskuit te kry! Ons was 'n gesin van 3 groot mense en 2 kiddies (onder 6). Die kinders het die plaasomgewing so geniet. Vir 'n slag kon hulle rondhardloop en gaan sonder dat mens bekommerd is. Die plaas is so veilig en daar is regtig so baie goed vir almal om te doen. Die kinders het die ervaring gehad om 'n hanslammertjie te voer, eiers uit te haal en met hulle nuwe vriend, Bingo die skaaphond, te speel. Die babavarkies was ook 'n belewenis vir hulle. Die verblyf is baie goed ingerig en mens het regtig niks nodig nie. Nie eens loadshedding kon mens se pret bederf nie. Die kombuis het regtig alles wat mens nodig het. Die pad vanaf die Kaap is mooi en mens verkyk jou aan die omgewing. Ons het die Saterdag gou Montague toe gegaan (so 50 km ver), maar wat 'n mooi pad met die mooiste omgewing. Ons gaan vir seker weer daar 'n draai maak. Dankie Dorina en Hennie vir julle gasvryheid en dat julle die omgewing met ons gedeel het. Dankie ook vir al die speelgoed wat die kinders so heerlik kon ronddra!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Dorina
Sandvlei Kuierhuis
Linette so baie dankie vir die mooi resensie, waardeer dit ongelooflik baie, julle was amazing gaste, was so lekker om julle te kon ontvang, die kids is pragtig, en dit sal baie lekker wees as jul weer kan kom kuier mooi bly

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Dorina Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 43

Op LekkeSlaap 5 jaar

Vanaf
Vanaf R2 500
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R2 500
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R318, Sandvlei-plaas, Montagu, 6720, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaxnZhPRWnUUGhHDsNo6jWYjEtQEKUmVnKnLaHITPR1nXeqqbNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag, vir 8 mense 27 5 1 5 R318 Sandvlei Farm 6720 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -33.596543 19.866492

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang