Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sandy Feet

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 80, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 842 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Sandy Feet is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Langebaan. Dit is 'n wonderlike opsie vir óf 'n groep vriende óf 'n gesin aangesien hierdie eiendom ideaal binne stapafstand van die strand en ander besienswaardighede is.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste 2 slaapkamers is elk ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die derde badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Die vierde slaapkamer is buite geleë en het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort.

Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Boonop het hierdie eetarea 'n ingeboude binnebraai wat ideaal is vir die winter. Buite is daar 'n lieflike vermaakhoutdek met ingeboude sitplek en braaigeriewe wat die perfekte plek is vir gaste om gehaltetyd saam te geniet terwyl die vuur brand.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 4
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3
En-suite  - Slaapkamer 4
Stort, Toilet
Badkamer 4

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 2 resensies vir Sandy Feet
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Albert Geverifieer

Eiendomme 67

Resensies 335

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Hoofweg 80, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sandy Feet het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 842
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R3 842
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 80, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfd3b20142c119401e5b031a17adb74a45a5937e265a4b4f4c49f578b782f62ace2477a01fd68210210b237384a335734b5de?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 842 per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 80 Main Road Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.0849141 18.0320573

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang