Sani Valley Lodge
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sani Pass-weg, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 138 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Sani Valley Lodge bied 'n unieke kombinasie van luukshede, natuurskoon en aktiwiteite, en is 'n privaat natuur-lodge ongeveer 2 uur se ry vanaf Durban. Die lodge is in die dramatiese Drakensbergreeks geleë, grens aan 'n UNESCO-wêrelderfenisgebied en dit is die naaste luukse lodge aan die bekende Sanipas.
Dié reservaat het 'n beperkte aantal privaat en luukse lodges wat ideaal is vir paartjies, gesinne en klein groepe. Gaste kan tussen selfsorgverblyf of verblyf wat alles insluit kies. Elke lodge het slaapplek vir 2 tot 6 gaste en beskik oor aparte slaapkamers met privaat badkamers, 'n goed toegeruste kombuis, 'n leefarea met 'n kaggel en 'n dek met braaigeriewe.
Van die lodges het Jacuzzi's op die privaat dekke. Vir diegene wat nie lus is om te kook nie, kan heerlike Suid-Afrikaanse maaltye gereël word.
Een van die grootste mere in Suid-Afrika is in dié vallei geleë en die lodges is op die rand van hierdie meer geleë, wat gereeld deur verskillende wildsbokke, sebras, bobbejane en ander diere besoek word. Dit is een van die min dierereservate in die Drakensberge en die meer lok 'n ongeëwenaarde aantal voëlspesies. Visvang is welbekend hiér, met plaaslike rekords wat aan die grootte van die meer toegeskryf word.
Gaste kan 'n voorafbespreekte massering geniet, leer kunsvlieghengel, otters vanuit 'n kano dophou, op die rug van 'n perd wildkyk, die Sanipas met 'n 4x4 aandurf of na die Boesman-tekeninge stap.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Gareth Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Sani Pass-weg, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Sani Valley Lodge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Suidelike Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 40 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sani Pass-weg, Himeville, 3256, KwaZulu-Natal
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang