Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Sanlou

Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Downingstraat 8, Southport, 4240, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 100 R1 680 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Sanlou is in die kusdorpie, Southport aan die Suidkus geleë. Hier kan gaste ongelooflike strande en winkelsentrums vind.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste (maksimum 6 volwassenes, word toegelaat). Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. 2 kamers het dubbelbeddens, 1 van die kamers het 'n en-suite badkamer, en 1 kamer het 'n kinderbed vir 2 kinders. Die vierde kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n eie en-suite badkamer. Dié kamer lei na 'n beskutte stoep met 'n uitsig oor die see. Alle kamers het waaiers. Parkeerplek is beskikbaar in 2 toesluitmotorhuise.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, vrieskas, mikrogolf, ysmasjien, eetgerei, breekware, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus. Die eetarea het sitplek vir 8 en daar is gemaklike banke en 'n TV sonder DStv en in die eerste sitarea.

Die leefarea lei na 'n lieflike dek met sitplek, 'n tafel en braaigeriewe. Daar is gasbraaigeriewe of gaste kan 'n oop vuur maak. Die dek het 'n uitsig oor die tuin. Die huis het 'n watertenk en 'n geiser wat met gas werk, vir ingeval daar 'n kragonderbreking en moontlike watertekort is. Daar is 'n Jacuzzi met 'n uitsig oor die see.

Die verblyf het ook 'n omsetter met solar panele in die geval van kragonderbrekings. Netflix en Prime Video is gratis.

Akiwiteite in die area sluit swem, visvang, snorkel, skuba-duik, boot-ski, bootvaar, jet-ski, wildritte, perdry, 4x4-roetes en gholfspeel in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Warmbad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Louis Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Downingstraat 8, Southport, 4240, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Sanlou het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 100
R 2 100 R 1 680
per nag, vir 4 mense
Vanaf R2 100
R 2 100 R 1 680
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
    4 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Downingstraat 8, Southport, 4240, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwUDK2XSnrOEG8OylqR81qCsl28ydRqpO3r1VOw9X8LmcwMHU4S?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 100 nouVanaf R1 680 per nag, vir 4 mense 14 5 1 5 8 Downing Street Southport 4240 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -30.68837849207 30.495783231213

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789