SANParks Abrahamskraal Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Abrahamskraal-pad, Weskus Nasionale Park, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R3 338 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
SANParks Abrahamskraal Cottage is in die Weskus Nasionale Park geleë. Dis net 'n entjie se ry vanaf Kaapstad. 'n Helderblou strandmeer vorm die park se agtergrond en steek pragtig af teen die duine, fynbos, groen vleiland en ongetemde branders. Dis ideaal vir voetslaan, fietsry, bergfietsry en voëlkyk. Die park is perfek vir natuurliefhebbers wat die omgewing wil verken of net wil ontspan.
Net agter die beskutte Saldanhabaai-hawe en 1 en 'n halfuur se ry vanaf die Kaapse middestad, tref 'n mens die lieflike Langebaan-strandmeer in die Weskus Nasionale Park aan. Dié park bied verskeie trekpleisters en is geskik vir die hele gesin. Dis die perfekte omgewing om te verken as 'n mens nader aan die natuur wil wees.
Abrahamskraal Cottage is 'n selfsorgkothuis naby die Abrahamskraal-watergat. Dié kothuis het slaapplek vir 6 en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens, 2 uittrekbeddens en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof en 'n gasyskas-vrieskas. Elektrisiteit in die huis word deur sonkrag voorsien. Daar is geen kragpunte vir elektriese toerusting nie. Daar is 'n kaggel in die leefarea en dit kan ook as 'n braai dien.
Die Geelbek Restaurant is langs die prentjiemooi Langebaan-strandmeer in die park. Dit bied 'n ongelooflike uitsig oor die park en strandmeer. Flaminke, ander voëlsoorte en wild is ook volop te sien. Dié Kaap-Hollandse gebou is 'n Nasionale Monument en wêreldwyd bekend vir sy unieke Afrika-atmosfeer. Dié restaurant bied 'n uitsonderlike fynproewerservaring met lipleklekker disse.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Enkelslaapbank
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1371
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Abrahamskraal-pad, Weskus Nasionale Park, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink SANParks Abrahamskraal Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Abrahamskraal-pad, Weskus Nasionale Park, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang