SANParks Augrabies Rest Camp
- Kapasiteit: 374 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Augrabies-waterval Nasionale Park, Augrabies, Kakamas, 8874, Noord-Kaap
- Vanaf R303 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Augrabies Rest Camp is baie indrukwekkend wanneer 'n donderbui deur die skeur weergalm en die water 56 m ver tot in 'n granietpoel stort. Die Augrabies-waterval het sy naam te danke aan die Khoi-woord "Aukoerebis", wat "plek van groot geraas" beteken, en doen sy naam gestand wanneer die Oranjerivier in volle vloed is! Die park bied 'n tuiste aan klipspringers en kokerbome wat teen die Afrika-hemelruim pryk. Net die mees geharde diere oorleef in dié dorre geweste. Moenie net hierheen kom vir die waterval nie, want daar is soveel meer om te ervaar in hierdie maanlandskap. Hier is meer as 50,000 hektaar rivier-ekosisteme om te verken en uitkykpunte vanwaar besoekers die dramatiese landskap kan gadeslaan. Boonop is die Nasionale Park maklik van Upington af bereikbaar via 'n 120 km-teerpad.
Die Augrabies Nasionale Park het net 1 kampterrein, maar van al die kampe in droë gebiede is dit die grootste. Al die chalets het selfsorggeriewe en lugversorging. Die kampplek bied baie skaduwee en meer as die helfte van die staanplekke het kragpunte. Gemeenskaplike ablusiegeriewe, 'n kombuis en 'n was- en strykkamer is beskikbaar.
As jy die dag nie lus voel vir braai nie kan jy gerus by ons gelisensieerde restaurant kom aansit. Ons winkeltjie is ook goed voorsien in geval jou voorraad skraps raak. Die 3 swembaddens is slegs vir gaste se gebruik. Die chalets en kampterrein is stapafstand vanaf die waterval en daar is oorgenoeg plankpaadjies om dit rolstoelvriendelik te maak.
Langs die ontvangs is die park se eie konferensiesentrum wat voorsiening maak vir vergaderings, werkswinkels en seminare. Die lokaal het lugversorging en is goed toegerus, met plek vir tot 70 afgevaardigdes.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1415
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Augrabies-waterval Nasionale Park, Augrabies, Kakamas, 8874, Noord-Kaap
- Gaste dink SANParks Augrabies Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Augrabies Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 374 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Augrabies-waterval Nasionale Park, Augrabies, Kakamas, 8874, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang