SANParks Balule Rest Camp
- Kapasiteit: 108 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Balule Satellite Camp Road, Krugerwildtuin, 1360, Mpumalanga
- Vanaf R394 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Die Balule-ruskamp in die wêreldbekende Krugerwildtuin is 'n klein satellietkamp wat diep in die hartjie van die park geleë is, in die mees keurige topografie. Hierdie kamp is 'Balule' genoem na die Tsonga-woord vir die Olifantsrivier, en is een van die beste plekke vir gaste om die natuur eerstehands te ervaar. Geleë min of meer in die middel van die park, net suid van Olifantskamp, lê Balule naby die magtige Olifantsrivier.
Met net die mees basiese fasiliteite en geen elektrisiteit nie, is 'n lae heining die enigste versperring wat jou van die wildernis skei, wat 'n ware back to basics ervaring tot gevolg het. Dit is hierdie unieke wildernisgevoel van die kamp wat dit 'n vaste gunsteling maak onder rugsakreisigers, die karavaan-gemeenskap en ander besoekers wat van alles wil wegkom.
Die kamp het 'n gemeenskaplike kombuis met 'n opwaskamer, gasstowe en 'n gemeenskaplike vrieskas. Een ablusieblok is beskikbaar. Terwyl daar geen elektrisiteit in die kamp is nie, word lanterns voorsien. Braaigeriewe is beskikbaar.
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1391
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Balule Satellite Camp Road, Krugerwildtuin, 1360, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Nasionale Krugerwildtuin Mpumalanga
- Kapasiteit: 108 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Balule Satellite Camp Road, Krugerwildtuin, 1360, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang