Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Bontebok National Park

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 196 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 km vanaf die N2, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Vanaf R288 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Bontebok National Park is 6 km vanaf die prentjiemooi en historiese Swellendam, 240 km vanaf Kaapstad en 540 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth). Die park is maklik bereikbaar vanaf die N2 en as gevolg van sy grootte kan gaste die hele park in 'n paar uur besigtig. Dit is 'n fantastiese halfpadstop tussen Kaapstad en die Tuinroete vir 'n piekniek, swem en voetslaan om die bene te rek. Daar is ook 'n lekker braai-area en 'n plek vir die kinders om rond te hardloop.

Dié stukkie Kaapse floraryk in die skadu van die majestueuse Langeberge en langs die rustige Breederivier het die bontebok van uitsterwing gered.

Verblyf word in selfsorg-chalets by die Lang Elsies Kraal Ruskamp aangebied. Die ruskamp het ook karavaan- en kampstaanplekke, met of sonder kragpunte, en gemeenskaplike ablusiegeriewe. Die Lang Elsies Kraal Ruskamp is na die Hessekwa Khoi-Khoi se leier, Lang Elsie, vernoem. Sy het in die 18de eeu hiér saam met haar stamfamilie gewoon. Die ruskamp is aan die oewer van die Breederivier geleë en bied ongerepte natuurskoon van die park, rivier en berge.

Bontebok Nasionale Park is 'n uitstekende dagbesoekersbestemming. Die dagbesoekers se geriewe is onlangs opgeknap en sluit 'n ruskamp en 'n braai-area genaamd "Die Stroom" in. Kom hou piekniek op die oewer of braai by een van die vele braaiplekke.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.1
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Anna-marie B
Saam met lewensmaat
5.0
Mooiste mooi. Goed versorg. Warm water vir koffie, mikrogolfoond, stoof, wasmasjien en skoonste badkamers.
Aug 2023
Samantha M
Gesin met tieners
5.0
Great stay. Very neat and good facilities. Just beautiful. Just remember you have to pay SANParks entrance fees too on arrival. Cheaper...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2023
Catherine M
Gesin met tieners
5.0
Lovely stay. Clean, small campsite. The kitchen area has small stove tops, a microwave, hot water urns, and washing machines.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2023
Melisa M
Saam met lewensmaat
4.6
Was okay. Just too close to other campers. It's a nice location. The campsites are very close to each other, so not a lot of privacy.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Gaby S
Gesin met tieners
4.6
Salig, rustig, asemrowend mooi. Natuurskoon is lieflik, sonsondergange besonders. Ablusie-geriewe baie netjies en skoon.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1303

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 5 km vanaf die N2, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink SANParks Bontebok National Park het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R288
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R288
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 196 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 km vanaf die N2, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAALnLndx1s7gkCrs37np0JZVmrRdI5rECcaN0hXUjf6njASr6m8H?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R288 per nag, vir 2 mense 16 5 1 5 5 km off the N2 Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.112777777778 20.628888888889

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang