SANParks Gharagab Wilderness Camp
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R360, Kgalagadi Oorgrenspark, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Vanaf R2 146 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Gharagab Wilderness Camp is 'n nie-omheinde kamp in die verre noorde van die Kgalagadi Oorgrenspark. Hiér kan gaste asemrowende uitsigte van die Kgalagadi-duine en die doringbossavannes geniet. Gharagab is slegs bereikbaar deur 4x4-voertuie op 'n eenrigtingsandpaadjie wat van die grootpad afdraai sowat 20 km vanaf Grootkolk. Dié kamp is naby Union's End in die noorde van die park en gaste het die geleentheid om die mooi boom- en grassavannaveld van die Kalahari se ervaar.
Die kamp het 4 houthutte wat elk 2 enkelbeddens het, asook 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n gasyskas-vrieskas, eetgerei, breekware en kombuistoerusting. Die wasbakke het ligte wat met sonkrag werk, warm water deur middel van gas en braaigeriewe op die dek. Die eenhede is uit 'n kombinasie van hout, riet en seil gemaak. Die water in hierdie area bevat baie sout en kan nie eers vir kosmaak gebruik word nie. Gaste moet dus onthou om hul eie water saam te bring.
Elektrisiteit in die kamp word deur middel van sonkrag en gas voorsien en daar is geen muurproppe nie. Die kamp het 'n verhewe uitkykpunt. Die kamp is nie omhein nie en daar is ten alle tye 'n toerisme-assistent aan diens. Die kamp kan slegs deur middel van 4x4-voertuie met 'n hoë grondvryehoogte en sonder sleepwaentjies via die eenrigtingpad bereik word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1383
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die R360, Kgalagadi Oorgrenspark, Upington, 8801, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Kgalagadi-streek
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R360, Kgalagadi Oorgrenspark, Upington, 8801, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang