Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Glen Reenen Rest Camp

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Goed

Netheid
4.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.8
Diens
3.4
Veiligheid
3.9
Anna-marie P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Pragtige omgewing. Baie lekker gebly, persoonlik dink ek elke staanplek moet sy eie asblik hê, want ons moes deel met mense, en so ook dieselfde met die kragpunt - dit is ver as jy moet deel, en hulle moet ook sê watter tipe konneksie moet mens vat - die blou karavaan tipe. 'n Waterkraan by elke staanplek sal ook gaaf wees. All in all het ons baie lekker gekamp.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

George H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2024

Aangenaam. Baie lekker oornag, baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karna F
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2024

Gerieflike lekker plek. Goed geleë, skoon huisie met alles wat mens nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacques L
Kort verblyf Saam met vriende
2.8
Jan 2025

Die verblyf is ondergemiddeld. Die ligging van die kamp is pragtig. Die algehele diens is ongelukkig swak. Die ontvangs word lui-lui gedoen en as die dame nie moes opstaan om vir my 'n vorm te gee om te teken nie, sou sy bly sit het. Met my aankoms by die rondawel het ek opgemerk die duvet oorstreksel is geskeur, die blindings voor die venster het seker 12 maande se stof, die etenstafel was vuil. Die gemakstoele wat in die foto voorkom, was nerens te vind nie. Daar was darem tuinstoele. Daar het vir die hele verblyf spinnekoprakke teen die dak gehang. Die stort se uitloop is geblok en die water dam op vir enkele minute nadat jy klaar gestort het. Die badkamer het ook nie gelyk soos wat op die fotos gewys is nie. Die stoepie buite die rondawel was vol gras en sand, definitief nie skoongevee nie. Die vensterbanke was vuil en vol stof. Die terrein rondom die rondawel is geweldig onnet met gras wat plek-plek gesny is. Lang gras en kakiebosse slaan orals op. Die kamp het geweldig potensiaal, maar daar is duidelik baie min bestuur of gewilligheid om dit pragtig te maak soos dit kan wees. Die staproetes is onversorg en kort baie aandag. Ongelukkig sal ek nie op die oomblik die verblyf aanbeveel nie, aangesien mens in Clarens dorp uit 'n magdom ander verblywe kan kies, selfs teen goedkoper tariewe.

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Winton L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Asemrowend, vars buitelig. Baie lekker, ongelooflike uitsig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Bianka H
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Des 2024

Peaceful. It was nice to stay there. Peaceful. However, we couldn't buy a camping plug at the shop as they don't sell it.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Pieter D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Nov 2024

Baie lekker en mooi kampterrein. Die kampeerterrein is mooi, maar kort bietjie werk. Die mense rondom die kampterrein het baie geraas gemaak, wat die stilte versteur het.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Johan V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Apr 2024

Baie lekker gebly, sal weer daar gaan bly as die geleentheid dit toelaat. Lekker gebly. Alles was netjies en skoon en alles het reg gewerk.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Christiaan L
1 nag Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2024

Perfekte huisie vir twee persone. Sal definitief weer van dit gebruik maak. Ons het na kantoorure eers daar opgedaag. Toe het ons gesukkel om ons sleutel op te tel, want die sekuriteit was nog nie aan diens nie. Die kamer was skoon en netjies, en die yskas het nie goed gewerk nie.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
1 nag Gesin met klein kinders
4.0
Des 2024

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

LekkeSlaap
Internal ...

Eiendomme 100+

Resensies 1506

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 283
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 283
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 360 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R712, Golden Gate Highlands National Park, Phuthaditjhaba, 9869, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaSoz7KnjvZtLIjXseIUybSMiK5ChgqPG3oilSk2MyzykFcyKea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R283 per nag, vir 2 mense 61 5 1 4 Off the R712 Golden Gate Highlands National Park 9869 Vrystaat 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -28.506424 28.617386

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang