Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Glen Reenen Rest Camp

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Thandeka Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 1302

Op LekkeSlaap 6 jaar

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 46 resensies vir SANParks Glen Reenen Rest Camp
Netheid
4.0/5
Diens
3.4/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.8/5
Winton L - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Winton L

Asemrowend, vars buitelig.

Baie lekker, ongelooflike uitsig.

Byron W - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Byron W

Recharging.

It was fantastic, beautiful location, shady and sheltered and right at the foot of the mountains.

Carin-mari V - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carin-mari V

Ongelooflik. Beeldskoon. Wonderlik.

Wonderlik soos altyd! Dit is elke jaar 'n hoogtepunt om terug te gaan vir 'n lekker kamp. Altyd netjies en almal is vriendelik.

Johan V - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johan V

Baie lekker gebly, sal weer daar gaan bly as die geleentheid dit toelaat.

Lekker gebly. Alles was netjies en skoon en alles het reg gewerk.

Christiaan L - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christiaan L

Perfekte huisie vir twee persone. Sal definitief weer van dit gebruik maak.

Ons het na kantoorure eers daar opgedaag. Toe het ons gesukkel om ons sleutel op te tel, want die sekuriteit was nog nie aan diens nie. Die kamer was skoon en netjies, en die yskas het nie goed gewerk nie.

Barry H - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Barry H

Die plek kan beter wees.

Hulle laat mense toe om musiek te speel en hard te kuier tot amper 5 uur die oggende. Dus kry jy nie die beste nagrus nie.

Gladwin M - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Gladwin M

Ok as an overnight stop over.

The campsite is satisfactory; however, it may not be the optimal location for relaxation due to its proximity to a public road. Additionally, I observed several maintenance issues, such as non-functioning ground lights.

Aletta D - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
1/5
Aletta D

Pragtige omgewing waar niks instand gehou is nie.

Primitiewe toerusting. 'n Ander eenheid is vir ons toegeken as wat bespreek was. Yskas stukkend.

Matthew B - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Matthew B

Very happy with our unit, very clean and spacious, everything was better than expected.

See stars.

Jaco P - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco P

Asemrowend mooi.

Baie mooi geleë tussen die berge. Waterval met 'n diep swemgat op die terrein. Dis naby genoeg aan Clarens. Twee roetes Oribi en Blesbok om te ry met baie mooi uitkykpunte en wild om te besigtig. Temperatuur was matig koelerig soggens in die rondawel. Rondawels was skoon en netjies en goed toegerus.

Dewald J - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Dewald J

Dit was ʼn ongelooflik mooi omgewing en kampterrein.

Dit was ʼn ongelooflike mooi omgewing en kampterrein. Ons was aangenaam verras.

Franco P - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Franco P

Baie lekker gebly.

Baie goeie plek om by te gaan rus, staproetes in berge is baie goed versorg. Brandwag se ketting op berg moet dalk nagesien word, daar is 'n los paal wat gevaarlik kan raak.

Annemieke B - Nov 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Annemieke B

Breathtakingly beautiful national park.

Beautiful location, easy accessible. Campsite was nice. Not too big, enough privacy.

Dawid B - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
4/5
Dawid B

Veilige kampeerterrein, pragtige natuurskoon en skoon netjiese geriewe.

Die kampterrein en ablusieblokke is baie netjies en skoon. Die staproetes se moeilikheidsgraad word nie aangewys nie, wat tot onaangename verrassings kan lei. Die Wodehouse Peak word aangedui as 4 ure, maar in werklikheid is dit 7-8 ure met 'n moeilikheidsgraad wat nie by onervare of onfikse stappers pas nie. Die roetes se ondersteunende houtbalke (trappies), veiligheidsreëlings/kettings is plek-plek weggebrand en nooit vervang nie. Dit veroorsaak 'n valrisiko, Wodehouse is in besonder 'n risiko met die afklim. Ons was nie hieroor ingelig by ontvangs nie. Aanwysings langs die staproetes kan verbeter. Goeie sekuriteit, sal die kampterrein en natuurskoon beslis aanbeveel. Die bobejane maak dit interessant! Vat net eie ys of besoek Clarens.

Rudi S - Mrt 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Rudi S

Dit was ongelooflik lekker en ons het gestap en nogmaals baie gestap, dit is beslis die geld werd.

Maar ek sou net sê die mense was baie vriendelik en het ons met goeie diens gehelp na ons kamp, toe het ons ge-upgrade na 'n chalet toe, baie baie skoon. Die TV is maar net 'n paar kanale en sonder remote, en dit is asof die mense wat daar werk ook maar op vakansie is. Die kampterrein kan regtigwaar bietjie meer moeite doen, wat instandhouding betref, die versorg van tuine is nie meer geworry oor nie. Baie mooi omgewing.

Cassie V - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Cassie V

Heeltyd gereën.

Wou graag huisie huur omdat dit so erg gereën het. Onbetaalbaar duur. Geen mense in die chalets nie. Ek dink hulle kon darem geld gemaak het om 'n buiteseisoen-tarief te vra. As dit ook R700 of R800 was per nag, sou ons gebly het. Ons het huis toe gery omdat dit onplesierig was.

Anonieme gas - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
4/5
Anonieme gas
Carin-mari V - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carin-mari V

It was an absolutely amazing stay.

The people are extremely friendly and everything was very neat. We felt safe and appreciated the staff coming around and asking if everything is good. The nature is beautiful and we were able to see a lot of different bird species and wild animals. We will be going back next year and making our visit to Glen Reenen as an annual getaway. It was perfect and very worth it. Thank you, your help and services are appreciated.

Heinrich D - Nov 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Heinrich D

Uitstekend.

Winkel vir 2 dae toe as gevolg van netwerkprobleme. Moes Clarens toe ry.

Neels M - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Neels M

Pragtige natuurskoon.

Kampplekke baie ongelyk vir karavane en tente. Verder geen klagtes.

Ignatius L - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Ignatius L

Not good.

There was no hot water available. No microwave to warm up food, although it's self-catering.

Melissa M - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melissa M

Asemrowende natuurskoon.

Was bevoorreg om Golden Gate in volle glorie te ervaar. Propvol riviere, pragtige watervalle en grasgroen grasvelde. Oord netjies en skoon. Sal beslis weer terugkom.

Jonene D - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jonene D

Pragtige natuurskoon, sielskos.

Heerlik gekamp, baie gestap. Baie om te doen en te sien.

Juan B - Jun 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Juan B

Dit was 'n baie lekker ervaring! Baie goeie diens en vriendelike werkers.

Ons was vriendelik gegroet by ontvangs, kamers was lekker warm, elke dag was ons huisie skoongemaak.

Tiffany E - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Tiffany E

Lekker gesellig met 'n mooi uitsig oor die berge.

Baie lekker gebly.

Johan S - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan S

Die omgewing is asemrowend mooi. Baie rustig en stil om wooneenheid.

Ons het ongelukkig egter 'n probleem met waterbeskikbaarheid gehad. Het beide oggende geen water in ons huisie gehad nie wat veroorsaak het dat ons nie kon stort/toilette gebruik nie. Water is egter aangery en met 'n vragmotor, maar ons moes beide oggende lank wag voor water beskikbaar was. Behalwe vir die waterprobleem, het ons egter baie lekker gebly en sal verseker weer in die toekoms gaan.

Jennifer W - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Jennifer W

Golden gate: gorgeous environment.

Clean comfortable cottage, well equipped. The general maintenance of the park could be better and security where your cars are parked. No fence or gate.

Marilee D - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marilee D

Baie mooi daar. Lekker gebly.

Waarde vir geld. Sal dit vir enige iemand aanbeveel.

Vanessa V - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Vanessa V

Baie mooi en natuurskoon!

Alles was lekker en skoon! Staproetes en die omgewing baie mooi! Net die taxis wat personeel vervoer en werkers aflaai se musiek was baie hard vroegoggend.

Marina Venter V - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marina Venter V

Die ablusiegeriewe was uitstekend, skoon en gerieflik.

Die kampterrein kom voor as 'n kampplek hoofsaaklik vir stappers. Kampeerders is aangename geselserige mense!

SANParks Glen Reenen Rest Camp se terugvoer

Goeiemiddag Marina,
Baie dankie vir jou resensie. Ons waardeer dit opreg. Dit is vir ons uiters belangrik dat ons gaste te alle tye op hul gemak is. Ons het wel ongelooflik baie gaste wat die staproetes aandurf, maar ek kan jul verseker die kampeerterein is vir al ons gaste beskikbaar.

Ons hoop om jul gou weer te akkommodeer.
Groete,
SANParke

SANParks Glen Reenen Rest Camp
Byron M - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Byron M

The setting is amazing.

The setting, the trails and the accommodation is great. Trying to book accommodation is a nightmare, I have never struggled to book accommodation as much as this. It left me so frustrated that I will not book here again unless I hear that it has improved.

Katryn D - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Katryn D

Heerlik geslaap, warm en water was ook baie warm gewees.

Sal beslis weer kom. Het goed gebly. Beddens en beddegoed was goed. Heerlik die elektriese komberse. Ons het in rondawel nr 11 gebly, die paadjie vanaf voertuig na rondawel het géén beligting nie, het baie moeilik in die nag daar gestap as iets moet gaan haal in voertuig of net buite wees as na sterre kyk en dan terugstap. Die paadjie kronkel en mens kan níks sien nie. Nie lekker om so te stap nie. Die paadjieligte wat daar is het nie gebrand nie. Kafee kan dalk meer verskeidenheid voorraad vir daaglikse gebruik aanhou. Verder als goed. Gaan beslis weer kom!

Hannes V - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hannes V

Baie mooi area.

Alles was 100% reg maar hulle kon nie ons sleutel aanvanklik kry nie omdat ons deur webtuiste bespreek het was dit nie onder ons naam nie en dit het verwarring veroorsaak. Verder is dit 'n baie mooi en netjiese plek.

Wim G - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Wim G

Pragtige plek en natuur.

Pragtige natuur. 'n Lekker plek en natuurskoon. Kampplek kort aandag met opruiming, instandhouding en netheid. Personeel sit heeldag in stoorkamer en rig niks uit nie. Die waskamer word gebruik deur personeel se wasgoed en vriende van hulle. Het dan geen toegang.

Morné I - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
3/5
Morné I

Baie lawaaierig.

Wanneer daar gebou word by 'n kampplek moet daar aan die kampers wat bespreek gesê word dat hulle besig is om te bou en die kamp onrustig sal wees as gevolg van die operasie. Die badkamers se storte was almal verstop en die water het by die badkamer deure uitgeloop.

Elmarie V - Okt 2020
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Elmarie V

Te besig en geen kragpunte, en baie luidrugtig.

Gelukkig was ons bespreking 55% less, ontvangsdame was baie behulpsaam. Aankoms by kampplek was first come first serve, daar was geen kragpunte nie, die pad is langs die kampeerplek en daar was tot laat in die nag motors wat heen en weer gekry het, geen "naby die natuur" soos beloof nie. Selfs mense wat in die parkeerarea gekuier het in die middernagtelike uur, personeel kuier van voor 7:00 in die oggend voor by die ontvangs en daar was geen rus gewees nie. Die winkel het ook minder as die nodigste gehad.

Elize C - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize C

Baie lekker en volledig toegerus.

Glen Reenen is baie mooi en goed toegerus. Ons het alles gehad wat nodig was moes net self hout koop vir die kaggel wat nou baie belangrik is.

Sharonne B - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sharonne B

What a beautiful getaway, would recommend it to anyone! All the tranquillity you'll need.

Breathtaking scenery.

Naomi D - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Naomi D

Die natuurskoon is ongelooflik mooi. Mens moet daar wees om dit te beleef. Soveel om te doen, so min tyd.

Dis belangrik dat mense ingelig is vir die addisionele fooi. Dit beloop R53 per persoon per dag ekstra. Ons was 4 en dis 'n bedrag wat in berekening gebring moet word as jy met 'n begroting werk. SANParke het nie ons bespreking op hul sisteem gehad nie. Gelukkig was die park nie vol nie en was ons dadelik gehelp. Ten spyte van die huidige gebouery naby die kampplek het dit ons nie gepla nie. Ons was heeldag en elke dag bedrywig met alles wat die omgewing ons bied. Al waaroor ons nou kan kla is seer spiere, maar die foto's verklaar dat dit deur pret en plesier veroorsaak is. Die berge is hoog en die wandelpaaie laat jou klim en klouter ─ als die moeite werd as jy daarbo staan. Groete aan al die kampers.

Joanne J - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Joanne J

A lovely location for a family holiday. Pity about missing inventory.

Unfortunately lots of inventory missing in the kitchen such as wine glasses, glass salad bowl and not enough crockery. Bin lid missing and no bin bag provided on arrival.

Zenzi N - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Zenzi N

Spectacular. The scenery and the views were breathtaking. The camp is clean and it was not crowded.

We did not have to wait to use ablution facilities which was comforting. By far the most beautiful surroundings however, we did not feel safe. The gates do not get locked. There is no visible security and the fence is torn in some parts so even if the gate were locked it would not help.

Anonieme gas - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Anonieme gas
Theo I - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Theo I

Teleurgesteld.

Storte was verstop selfs was dit aangemeld. Geen stortkoppe. Gras was lank. Onderhoud op terrein nie na wense. Kragpunte was verwyder by tentekamp.

Brenda V - Sep 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Brenda V

Was okay, maar voel nie waarde vir geld nie.

Met aankoms was ons goed ontvang, maar nadat ons al begin uitpak het was ons gevra om na 'n ander eenheid te skuif. Ons het weer kar gepak en toe na die ander eenheid gegaan maar daar was ons gevra om op 'n ander nommer te parkeer - die probleem is ek het 'n disability en om so ver te loop van parkering 24 na eenheid 10 is ver en voel ook ek wil parkeer waar my unit is. All in all nie wat ons verwag het die plek gaan wees nie, was okay!

Maria Johanna L - Jun 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Maria Johanna L

Park meer geskik vir jongmense en stappers.

Vir ouer mense is afstand van die motor na die huisies ver. Met afpak was daar styl trappe en opdraande om met bagasie te stap. Stortvloer is skuins en glad, jy gly af na die middel. Geen vashou-plek nie. Kombuistoerusting was baie onvolledig. Beddens het heerlik geslaap en rondawel was skoon en netjies.

Martin J - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Martin J

Regtig teleurstellend!

Als was baie vuil, onnet.

Vanaf
Vanaf R283
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R283
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 360 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R712, Golden Gate Highlands National Park, Phuthaditjhaba, 9869, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaSoz7KnjvZtLIjXseIUybSMiK5ChgqPG3oilSk2MyzykFcyKea?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R283 per nag, vir 2 mense 46 5 1 4 Off the R712 Golden Gate Highlands National Park 9869 Vrystaat 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -28.506424 28.617386

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang