SANParks Limpopo Forest Tented Camp
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
- Vanaf R1 429 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Limpopo Forest Tented Camp is in die Mapungubwe Nasionale Park naby Botswana en Zimbabwe geleë. Dié park bied ‘n ryk plantegroei, volop wild en ander besienswaardighede. Die park is ook ‘n Wêrelderfenisgebied.
Dié tentkamp is ideaal vir voëlkyk en skuil in die park se westelike deel, sowat 40 km van die hoofhek af. Dis naby die Maloutswa-pan Voëlkykskuiling en argeologiese besienswaardighede. Die kamp bied ‘n unieke eko-roete en ‘n swembad.
Daar is slaapplek in 8 ruim selfsorg-woudtente en elke tent het ‘n slaapkamer, en suite-stort, kombuisie, ‘n oop dek en braaigeriewe..
Mapungubwe se restaurant bied ‘n verskeidenheid op hulle spyskaart en aandetepakkies is op versoek beskikbaar. Daar is ook piekniekplekke, ‘n dagbesoekersentrum, Limpopo- en Shasherivier-uitkykpunte, boomtop-houtpaadjie en ‘n ouditorium waar opvoedkundige groepe of konferensies vir 50 gehou kan word.
Die Mapungubwe Interpretasiesentrum het in 2009 die Wêreldgebou van die Jaar by die Wêreldargitektuurtoekennings gewen en bied ‘n museum met verskeie antieke items wat deur argeoloë in die park opgegrawe is. Inligting oor die park se geskiedenis en biologie is ook in die sentrum beskikbaar en daar is opgeleide gidse wat besoekers deur die sentrum neem.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Middagete
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1389
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
- Gaste dink SANParks Limpopo Forest Tented Camp het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Limpopo
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R572, Mapungubwe Nasionale Park, Musina, 0900, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang