SANParks Orpen Rest Camp
- Kapasiteit: 42 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R531, Krugerwildtuin, Acornhoek, 1360, Mpumalanga
- Vanaf R1 702 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Orpen Rest Camp is in die wêreldbekende Krugerwildtuin en is op die westelike grens van die park geleë, wat sowat 500 km vanaf Gauteng is. Orpen kan deur middel van verskeie roetes benader word, naamlik Orpen- en Phalaborwa-hek. Dié roetes se paaie is in 'n goeie toestand met die hoofpaaie wat Nasionale paaie is. Die naaste hek is Orpen-hek wat 500 m vanaf die hoofkamp is.
Orpen is 'n klein, pragtige kamp en die naam is afkomstig van Eileen Orpen, wat die grond geskenk het. Baie diere word gelok deur die verspreide bome en wye oop vlaktes wat met gras bedek is. As gevolg hiervan word roofdiere soos cheetahs, leeus en luiperds ook gelok. Orpen is welbekend vir diverse habitat en wild en bied die geleentheid vir naby ontmoetings met olifante, renosters, buffels, leeus en luiperds in hulle natuurlike habitat. Wilde honde, cheetahs, sebras en kameelperde is ook bekend in dié area en is die wildentoesias se paradys.
Die Orpen Rest Camp bied 'n winkel, gemeenskaplike wassery, vulstasie, gemeenskaplike kombuis, ablusieblokke, braaigeriewe, swembad vir oornaggaste en 'n piekniekarea vir dagbesoekers.
Doendinge by die Orpen Rest Camp sluit begeleide bosvoetslaanroetes en wildritte in die oggend, middag en aand in. Timbavati-piekniekoord is sowat 55 km buite die kamp en die Ratel Pan voëlhut is 58 km buite die kamp.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1416
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die R531, Krugerwildtuin, Acornhoek, 1360, Mpumalanga
- Gaste dink SANParks Orpen Rest Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Nasionale Krugerwildtuin Mpumalanga
- Kapasiteit: 42 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R531, Krugerwildtuin, Acornhoek, 1360, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang