SANParks Overseers Mountain Cottage
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tafelberg Nasionale Park, Kaapstad, 7708, Wes-Kaap
- Vanaf R9 188 per nag, vir 16 mense
Beskrywing
SANParks Overseers Mountain Cottage is 'n unieke kothuis met ongelooflike uitsigte op die berg in die Tafelberg Nasionale Park. Die kothuis is 2 tot 2,5 ure se stap van Constantia Nek af.
Besoekers moet voor aankoms met die Platteklip Wash Houeses reëlings tref rakende die dra van hul bagasie. Dit word vanaf die Constantia Nek Parkeerarea gedra. Let wel dat dit voetslaanverblyf is en dat besoekers tot daar moet voetslaan. Ritte word nie tot by die geriewe aangebied nie en permitte vir voertuie op die berg word nie uitgereik nie.
Die kothuis en sy aangrensende anneks bied slaapplek aan 16 gaste. Die eerste slaapkamer het 4 enkelbeddens. Die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens en die vierde, vyfde en sesde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens.
Die kamers deel ablusiegeriewe. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n gasyskas, gasstoof, eetgerei en breekware. Daar is nie elektrisiteit by die kothuis nie en gasgeisers en parafienlampe word voorsien. Die huis het 'n gemeenskaplike boma en braai-area. Hout vir die eerste vuurtjie word voorsien, maar gaste moet asb. nog 'n bondel of 2 saambring om te braai.
Kamer-opset
Slaapkamer
4 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
2 x Stapelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
LekkeSlaap
Internal ...
Eiendomme 100+
Resensies 1549
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Tafelberg Nasionale Park, Kaapstad, 7708, Wes-Kaap
- Gaste dink SANParks Overseers Mountain Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tafelberg Nasionale Park, Kaapstad, 7708, Wes-Kaap