Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Paulshoek Cottage

Selfsorg

Resensies

3.6/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Goed

Netheid
3.0
Ligging
4.3
Waarde vir geld
3.0
Diens
2.5
Veiligheid
5.0
Francois C
Kort verblyf Saam met vriende
4.0
Apr 2022

Dit was lekker by Paulshoek. Net jammer die paaie is baie verspoel, want hulle het baie reëns gehad in Februarie. Die parkeraad het hulle bes gedoen nom die paaie te skraap, maar nogtans nie in goeie toestand nie.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met vriende
3.6
Okt 2022

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Francois R
1 nag Saam met vriende
2.4
Apr 2022

Benodig vir seker aandag. Die beddegoed is stokoud, vol Jik-kolle en gate. Toiletdeur kan nie toemaak nie. Die blindings werk nie. Die paaie is amper onbegaanbaar. Die borde wat rigting aanwys kan nie meer gelees word nie, dit is heeltemal verbleik. 'n Rit van 20 km wat ons beplan het het ontaard in 'n amper 90 km-rit a.g.v. rigtingaanwysers wat nie meer leesbaar is nie. Gelukkig ry ons 'n 4x4, want die paaie is so sleg dat dit onmoontlik sou wees met 'n gewone motor. Ons is voorsien van 'n sakkie hout vir die donkie vir warm water, maar neem ten minste nog 'n sakkie hout saam, want een sakkie maak die water amper lou. Die stilte en rustigheid is wonderlik. Ek glo die grootste probleem lê maar by die bestuur wat by die kantoor by die WiFi sit en nie weet wat in die park aangaan nie. Ons het gery na 'n kampeerplek verder verby die huis, maar moes omdraai ongeveer 1 km voor die kampeerplek omdat die pad weggespoel was. Dit nadat die persoon by die kantoor gesê het ons kan ry na die kampeerplek.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0

Hans H
Kort verblyf Saam met vriende
4.2
Okt 2019

Perfekte stilte, pragtige natuurskoon. Paulshoek is die regte plek as jy wil stil word, min doen. Ek het baie lekker fietsgery teen Gannaga pas uit, en sommer net ons land se natuurskoon ervaar. Moenie luukshede verwag nie, daarvoor kan jy in 'n hotel gaan bly. Verwag 'n plaashuis, in 'n redelike toestand, met olielampe, 'n goeie yskas, en 'n donkie, wat sukkel om die water warm te maak vir stort, en swak waterdruk. Die toegangspaaie is baie swak (sinkplaat). Ons het 2 nagte gebly, 'n derde sou die kuier vervolmaak het. Verbeel jou, geen selfoon, geen internet, geen geraas.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

LekkeSlaap
Internal ...

Eiendomme 100+

Resensies 1390

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 2 111
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 2 111
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R355, Tankwa-Karoo Nasionale Park, 8190, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAK8XjoMwRvUSgTybSZyMoP9pg6gWL07hfy234fAk3sONKRwAAuT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 111 per nag, vir 6 mense 4 5 1 4 Off the R355 Tankwa Karoo National Park 8190 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.275595 20.109834

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang